Afrikaans

Kom groet en ontmoet Connie Luyt by die bekendstelling van Waar onthou begin in Pretoria (6 Mei)

Penguin Random House SA nooi jou graag na die bekendstelling van Connie Luyt se jongste roman, Waar onthou begin.

Na Covid-19 was daar? Cliffordene Norton gesels met Isa Konrad oor haar wetenskapfiksieroman, Toekomsmens

Cliffordene Norton gesels met Isa Konrad oor haar boeiende wetenskapfiksieroman, Toekomsmens, wat afspeel 37 jaar nadat die Covid-19 pandemie Suid-Afrika se ekonomie verwoes het.

Hoe verander ’n wetsgehoorsame burger in ’n godfather-figuur? Henk Breytenbach gesels oor sy jongste roman, Kroonwild

Henk Breytenbach gesels oor sy jongste roman, Kroonwild, distopiese fiksie en sy skryfproses.

Kry tot en met 75% afslag op uitgesoekte titels in LAPA se Herfs-uitverkoping

LAPA Uitgewers se Herfs-uitverkoping is hier! Kry tot en met 75% afslag op uitgesoekte titels.

Hoop, heling en harmonie: Dink nuut oor siekte en genesing deur Malcolm de Roubaix wen die Andrew Murrayprys vir 2021

Baie geluk aan Malcolm de Roubaix! Sy boek Hoop, heling en harmonie: Dink nuut oor siekte en genesing is pas aangewys as die  wenner van die Andrew Murrayprys vir 2021.

Wat het werklik daardie aand op Gatlek gebeur? Vind uit in SP Benjamin se jongste roman, Dinge van ’n hond

Dinge van ’n hond deur SP Benjamin is ’n roman oor vergeet, maar ook oor onthou. En die besef dat ’n mens jou nooit rêrig van jou verlede kan losmaak nie.

Hoe het Afrikaner-magnate soos Koos Bekker en Christo Wiese hul sakeryke opgebou? Vind uit in Fortuine deur Ebbe Dommisse

Fortuine: Die wel en wee van Afrikaner-magnate deur Ebbe Dommisse vertel hoe Afrikaanse sakeleiers soos Jannie Mouton, Whitey Basson, Koos Bekker en ander hul sakeryke tot stand gebring het.

’n Eerlike, deernisvolle verhaal van liefde en oorwinning: Arendsvlerke vir Siebert deur Elsa Winckler – nou beskikbaar by LUCA

Nuut by LUCA! Arendsvlerke vir Siebert is ’n eerlike maar deernisvolle verhaal van liefde en oorwinning uit die pen van ATKV Woordveertjiewenner, Elsa Winckler.

Graffiti-aanlynkuier: Moenie die bekendstelling van Na ’n plaas in Afrika deur Irma Joubert misloop nie! (20 April)

LAPA Uitgewers en Graffiti Boeke nooi jou graag na die aanlynbekendstelling van Irma Joubert se jongste roman, Na ’n plaas in Afrika! 

Wie het Demi Crowley vermoor? Vind uit in Skerwe deur Sally Partridge – nou beskikbaar by LAPA!

Skerwe deur Sally Partridge is ’n holderstebolder wegholverhaal oor liefde, verlies en vriendskap wat jou lank gaan bybly. En dit is nou beskikbaar by LAPA!

Nou beskikbaar – kosmos en komete deur Instagram en Facebook digter Kaalwoorde / Ane Kotze

kosmos en komete, die debuutdigbundel van Kaalwoorde, ook bekend as Ané Kotzé, is nou beskikbaar by LAPA!

[Uittreksel] Hekel en word heel 2: Brenda hekel twee jaar se gebede aanmekaar in haar blokkieskombers

Lees Brenda se storie van hoop en genesing in Hekel en word heel 2. Plus, probeer haar patroon vir ’n maklike blokkieserp.

Wen 1 van 3 kopieë van Dol heuning of Mad Honey deur SJ Naude! Skryf in voor 30 April 2021

Drie gelukkige lesers kan hierdie maand elk ’n kopie van óf Dol heuning óf Mad Honey wen – SJ Naudé se tweede bundel kortverhale wat ontstel, verras, en bowenal bekoor. 

Nuut by LAPA: Vier immermooi liefdesverhale om die herfskoue af te weer

Nuut by LAPA Uitgewers in Maart 2021: Vier nuwe liefdesverhale deur Rene van Zyl, Corne van Rooyen, Magdaleen Walters en Dina Botha!

Wat gebeur as jy droom? Kom vind uit by die Graffiti-aanlynkuier met Daniella van Heerden en Megan Werner (13 April)

Pan Macmillan SA en Graffiti Boeke nooi jou graag na die aanlynbekendstelling van As jy droom deur Daniëlla van Heerden en Megan Werner.

Op die kortlys vir 2021 se UJ-prys: Die heelal op my tong deur Anoeschka von Meck!

Baie geluk aan Anoeschka von Meck wat die kortlys vir die 2021 UJ-prys gehaal het met haar skitterende nuwe roman, Die heelal op my tong.

Nou beskikbaar op LAPA se webtuiste – vyf lekkerleesverhale vir enige bui!

Op soek na ’n lekker boek? Dan is jy op die regte plek! Hier is nog vyf Penguin Random House SA-titels nou beskikbaar op LAPA se webwerf.

Omslag onthulling: Skerwe deur Sally Partridge verskyn eersdaags by LAPA!

Skerwe, die Afrikaanse vertaling van Sharp Edges deur Sally Partridge, verskyn eersdaags by LAPA Uitgewers! Loer solank na die pragtige omslag.

Graffiti-aanlynkuier: Kom vier die bekendstelling van Kroonwild deur Henk Breytenbach (25 Maart)

LAPA Uitgewers en Graffiti Boeke nooi jou graag na die virtuele bekendstelling van Kroonwild deur Henk Breytenbach.

Nou beskikbaar op LAPA se webwerf – vyf uitmuntende kookboeke om jouself mee te bederf

Of jy nou ’n bobaas kok is en of jy water op die stoof brand, hierdie kookboeke is vir jou! Vyf Afrikaanse resepteboeke van Penguin Random House SA is nou beskikbaar op LAPA se webwerf.