C

Op die kortlys vir 2021 se UJ-prys: Die heelal op my tong deur Anoeschka von Meck!
 More about the book!

Baie geluk aan Anoeschka von Meck wat die kortlys vir die 2021 UJ-prys gehaal het met haar skitterende nuwe roman, Die heelal op my tong.

Die wenners word op 31 Maart 2021 aangekondig. Hou ’n oog op die UJ Afrikaans Facebookblad, en hou groot duim vas vir Anoeschka!

Die Vaselinetjie-skrywer se nuwe roman vertel die verhaal van Willemien, ’n vrou wat dekades laas haar eie liggaam bewoon het.

Willemien is keelvol vir dik wees. En bang wees vir kaas en vir inkopies doen. Hoe kan mens so verwyderd van jouself wees dat jy van buite liederlik obees is, maar in jou kop sing jy vry en kaal op ’n krans?

***

Al die boeke op die kortlys vir die UJ-prys vir 2021:

  • Skepsel deur Willem Anker (Queillerie)
  • Aanspreeklikheid deur Jaco Fouche (Human & Rousseau)
  • Met die oog op môre deur Antjie Krog (Protea Boekhuis)
  • Bientang deur Jolyn Phillips (Human & Rousseau)
  • Die heelal op my tong deur Anoeschka von Meck (Penguin Random House SA)

Op die kortlys vir die UJ-debuutprys vir 2021:

  • As die Cape Flats kon praat deur Brian Fredericks (Human & Rousseau)
  • Uit die kroes deur Lynthia Julius (Kwela Boeke)
  • Luistervink deur Madré Marais (Human & Rousseau)
  • Pienk ceramic-hondjies deur Ryan Pedro (Kwela Boeke)

Sterkte aan al die skrywers op die kortlyste!

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Afrikaans Anoeschka von Meck Awards Die heelal op my tong News Penguin Random House SA UJ-prys 2021


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments