C

Wat gebeur as jy droom? Kom vind uit by die Graffiti-aanlynkuier met Daniella van Heerden en Megan Werner (13 April)
 More about the book!

Pan Macmillan SA en Graffiti Boeke nooi jou graag na die aanlynbekendstelling van As jy droom deur Daniëlla van Heerden en Megan Werner.

Kom luister na Daniëlla en Megan se gesprek met Phyllis Green oor hierdie ware verhaal vol avontuur, hoop en hartseer. ’n Avontuur met soveel adrenalien dat jy dit dalk vergesog sou noem – as dit nie die waarheid was nie …

Moenie dit mis nie!

Besonderhede

Datum: Dinsdag 13 April 2021
Tyd: 20:00
Plek: Jou woonkamer
Facebook-uitnodiging

Oor die boek

Elke droom begin met ’n dromer. Megan se droom is om saam met ander tieners ’n vliegtuig te bou en daaarmee van Kaapstad na Kaïro te vlieg. Haar doel is om kinders in ander Afrikalande te inspireer om ook hulle drome vlerke te gee. Toe die vliegtuig uiteindelik meer as ’n jaar later gereed is, pak sy en haar medevlieëniers ’n reis vol avonture en naelbyt-oomblikke aan.

As jy droom is ’n storie van durf, deursettingsvermoë, hoop en hartseer. ’n Avontuur met soveel adrenalien dat jy dit dalk vergesog sou noem – as dit nie die waarheid was nie …

Oor die outeurs

Daniëlla van Heerden is ’n TV-nuusleser en -joernalis. Vir haar werk by eNuus op kykNET is sy onder meer bekroon as die Nasionale Persklub se TV-nuusjoernalis van die jaar, en sy het ook ’n ATKV-mediaveertjie ontvang vir die beste TV-insetsel. Die Afrikaanse Taalraad het haar vereer met ’n Kokertoekenning vir haar bydrae tot Afrikaans, en in 2017 word sy aangewys as die Noordwes-Universiteit se Jong Alumnus van die Jaar. Daniëlla en haar fotograafman Cornél het ’n dogtertjie, Simoné. Die gesin woon saam met hulle Jack Russells in Roodepoort.

Megan Werner is ’n 19-jarige vlieënier en motiveringspreker en stigter van die U Dream Global-inisiatief. Sy woon naby die Lanseria-lugawe in Johannesburg. Megan het in 2019 gematrikuleer en is tans besig met haar kommersiële vlieglisensie.

Categories Afrikaans Non-fiction South Africa South African Current Affairs

Tags Afrikaans As jy droom Book events Book launches Daniëlla van Heerden Graffiti Boeke Graffiti-aanlynkuier Megan Werner New books New releases Pan Macmillan SA Phyllis Green


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments