C

Graffiti-aanlynkuier: Moenie die bekendstelling van Na ’n plaas in Afrika deur Irma Joubert misloop nie! (20 April)
 More about the book!

LAPA Uitgewers en Graffiti Boeke nooi jou graag na die aanlynbekendstelling van Irma Joubert se jongste roman, Na ’n plaas in Afrika!

Uiteindelik na vier jaar is Irma terug met die derde boek in haar Oorlogstrilogie ná Immer wes en Mentje, kind van Pas-opkamp.

Irma sal met Jan-Jan Joubert gesels oor hierdie laaste verhaal wat in Engeland, Siberië en Afrika afspeel.

Kom kyk saam Dinsdag, 20 April, om 20:00, in die gemak van jou eie huis!

Besonderhede

Datum: Dinsdag 20 April 2021
Tyd: 20:00
Plek: Jou woonkamer
Facebook-uitnodiging

Oor die boek

’n Nuwe lewe wag op hom.

In 1939 bars die oorlogbom in Europa. Drie miljoen kinders word uit London ontruim na veiliger gebiede. Een van hulle is die sesjarige Charles Smith, op pad na ’n onbekende tante van sy pa in ’n klein dorpie in Skotland.

By aunty Grace wag ’n nuwe lewe op hom. Aan die anderkant van Europa ruk die Duitse Sesde Leër op teen Rusland. Tussen die manskappe is die vurige majoor Oswald von Stein, Hildegard se stiefseun. Voor hulle wag die Russiese winter, Stalingrad en die krygsgevangenekampe van Siberië. 90 000 word gevange geneem, net sesduisend oorleef.

Charles en Oswald beleef teenoorgestelde kante van die oorlog. Beide bevind hulself egter op pad na ’n plaas in Afrika waar hul paaie sal kruis met dié van Seretse Khama en Mentje de Vries.

Na ’n plaas in Afrika is die derde boek in die trilogie ná Immer wes en Mentje, kind van Pas-opkamp. Anders as met haar vorige boeke, word die verhaal grootliks vanuit twee manlike perspektiewe vertel.

Oor die outeur

Irma Joubert is gebore en getoë in die Bosveld (Nylstroom) en het aan UP studeer. Sy begin eers skryf toe sy einde 2004 aftree ná 35 jaar van onderwys. Sy publiseer verskeie artikels en kortverhale in tydskrifte en word in 2005 aangewys as Media24 se ‘Spesialis Joernalis van die Jaar’. Beide haar Tussen stasies-trilogie en haar Pontenilo-trilogie, asook die eerste boek van haar Oorlogstrilogie, naamlik Immer wes, is in Nederlands vertaal waar dit telkens onder die topverkopers tel. Vier van haar boeke is reeds in Duits vertaal en Harper Collins in Amerika het The girl from the train (Tussen stasies) in 2015 wêreldwyd bekend gestel.

Categories Afrikaans Fiction Non-fiction South Africa

Tags Afrikaans Book events Book launches Graffiti Boeke Graffiti-aanlynkuier Irma Joubert LAPA LAPA Uitgewers Na 'n plaas in Afrika New books New releases Virtual book launches


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments