C

’n Eerlike, deernisvolle verhaal van liefde en oorwinning: Arendsvlerke vir Siebert deur Elsa Winckler – nou beskikbaar by LUCA
 More about the book!

Arendsvlerke vir Siebert is ’n eerlike maar deernisvolle verhaal van liefde en oorwinning uit die pen van ATKV Woordveertjiewenner, Elsa Winckler.

Terwyl Katinka probeer om die dood van haar man te verwerk, dring haar seun se veranderde gedrag uiteindelik tot haar deur. Sy is verslae en geskok deur die besef dat hy vasgevang is in omstandighede wat ook sy lewe kan beëindig. Wanneer vrees die oorhand kry, wend sy haar tot die Here.

‘Here, U sê vir ons in Jesaja, die wat op U vertrou, kry nuwe krag, hulle vlieg met arendsvlerke. En Here, nou het ons sulke vlerke nodig.’

Hierdie boek is die eerste fiksie boek vir volwassenes uit LAPA Uitgewers se nuwe druknaam, LUCA, wat fokus op geestelike fiksie en niefiksie.

Oor die outeur

Vir solank as wat Elsa Winckler kan onthou, lees sy liefdesverhale en toe sy die klassieke skrywers soos Jane Austen, Elizabeth Gaskell, Henry James, die Brontë susters, ensovoorts tydens haar honneursstudies ‘ontmoet’ het, was dit soos om huis toe te kom.

Om self ’n liefdesverhaal te probeer skryf, was ’n logiese volgende stap. Op die manier kon sy uiteindelik al die gesprekke wat naamlose gesigte gereeld in haar kop voer, neerskryf. Sy is met haar studenteliefde getroud en ná 39 jaar, drie interessante kinders en drie pragtige kleinseuns, maak hy, soos dit ’n held betaam, nog altyd haar knieë lam. Hulle is van die gelukkige mense wat op Bettysbaai bly waar die see voor hulle lê en ’n berg hoog agter hulle uittroon.

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Afrikaans Arendsvlerke vir Siebert Elsa Winckler LAPA LAPA Uitgewers LUCA New books New releases


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments