C

Wat het werklik daardie aand op Gatlek gebeur? Vind uit in SP Benjamin se jongste roman, Dinge van ’n hond
 More about the book!

Aan die einde van elke jaar word daar op Gatlek, Dawid Fourie se plaas, feesgevier. ’n Soort danksegging, kan jy sê. Dawid beloon sy werkers vir hul harde werk, en hulle betoon hul dankbaarheid op ’n manier waaroor daar ná die tyd nie veel uitgewei word nie. Dit was tydens die nag van die laaste groot vleisbraai dat dinge vir Dawid en Gatlek begin skeefloop het.

Jan-Vlok, Dawid se seun, sit nou verbitterd sonder ’n erfplaas. Sy pa swyg oor Gatlek terwyl hy sy dae vul met grafstene maak in sy agterplaas. Totdat sy mal oom Outa oor die verlede begin praat en niemand hom meer kan ignoreer nie.

Dan is daar Bettie Rondganger. ’n Alleenloper. ’n Vrou wat wil voorthol om van haar verlede te vergeet. Sy gee haar lyf vir Jan-Vlok, maar ook vir Klippies, sy jeugvriend wat aan die werkerskant van die plaas grootgeword het. Sy en Klippies ken immers die etiek van die vullishope waar hulle nou ’n bestaan moet maak.

Maar wat het werklik daardie aand op Gatlek gebeur?

Dinge van ’n hond is ’n roman oor vergeet, maar ook oor onthou. En die besef dat ’n mens jou nooit rêrig van jou verlede kan losmaak nie.

Oor die outeur

SP Benjamin (Benjamin Selwyn Paulse) is die skrywersnaam van Benjamin Paulse, gebore 1965. Hy debuteer in 1997 met ’n roman, Die reuk van steenkool, waarvoor hy met die Sanlam/De Kat-debuutprys bekroon is. Die reuk van steenkool is ook aangewys as naaswenner van die ATKV-prosaprys in 1998. Sy kortverhaalbundel, Die lewe is ’n halwe roman, is in 2000 met die Eugène Marais-prys bekroon.

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Afrikaans Dinge van 'n hond New books New releases Penguin Random House SA SP Benjamin


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments