C

Hoop, heling en harmonie: Dink nuut oor siekte en genesing deur Malcolm de Roubaix wen die Andrew Murrayprys vir 2021
 More about the book!

Baie geluk aan Malcolm de Roubaix! Sy boek Hoop, heling en harmonie: Dink nuut oor siekte en genesing is pas aangewys as die  wenner van die Andrew Murrayprys vir 2021.

Die skrywer wen R25 000 vir sy tydige boek wat lesers uitgedaag om opnuut oor siekte-ervarings na te dink.

Lees die persverklaring:

1 ANDREW MURRAYPRYS VIR TEOLOGIESE PUBLIKASIES IN AFRIKAANS

Malcolm de Roubaix se boek, Hoop, heling en harmonie: Dink nuut oor siekte en genesing, uitgegee deur Penguin-boeke, is die wenner van die Andrew Murrayprys vir 2021.

Die beoordelaars skryf: ‘In hierdie buitengewoon interessante boek, daag die skrywer sy lesers uit om die mediese en gesondheidskwessies van ons dag op ’n radikaal holistiese wyse te sien en te probeer oplos. Vir De Roubaix beteken dit uitdagings oor die sin van die lewe en alles wat lewe is, maar altyd binne die holistiese, spesifiek interdissiplinêre, konteks van teologie en wetenskap. Die mees beduidende uitspraak vir die optimale verstaan van die teks, is sekerlik De Roubaix se stelling dat daar inderdaad geen “finale” antwoord op die vraag na die “diepere” betekenis van pyn, siekte en lyding is nie. Die skrywer is ook oortuig dat siekte allereers ’n uiters persoonlike ervaring is wat ’n mens tot in die diepste van sy en haar wese raak en interaksie met die wêreld radikaal affekteer. En ’n omvattende, interreligieuse beskouing lei asof vanself tot die insig dat daar weinig verskil is – filosofies – in hoe ’n verantwoordelike Christen, Moslem, Boeddhis of Jood, elkeen in sy eie konteks, siekte behoort te benader. Hoop, heling en harmonie is by uitstek Christelike en teologiese “merkers” en daarom so relevant.’

Categories Afrikaans Non-fiction South Africa

Tags Afrikaans Andrew Murrayprys vir 2021 Covid-19 Hoop heling en harmonie Hoop heling en harmonie: Dink nuut oor siekte en genesing Malcolm de Roubaix Penguin Random House SA Wen Win


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments