C

Nou beskikbaar – kosmos en komete deur Instagram en Facebook digter Kaalwoorde / Ane Kotze
 More about the book!

‘Pleeg digkuns saam met my?’

kosmos en komete is die debuutbundel van Instagram en Facebook digter, Kaalwoorde. Die sukses van dié jong digter op sosiale media word toegeskryf aan haar toeganklikheid. Sy verwys na haar gedigte as bepeinsings oor gevoelens en gebeure, aansporings om te droom, en gedagtes wat die leser los met positiwiteit.

In hierdie bundel val die klem op reise deur verskillende landskappe – fisies sowel as emosioneel. Kaalwoorde se gedigte is romantiese mymeringe oor die skoonheid van eenvoudige dinge soos ’n veld vol kosmos, sowel as drome wat soos komete die ruimte ingestuur word. Die gedigte is toeganklik en juis gemik op lesers wat nie tradisionele digbundels koop nie; dit herinner aan die werk van Rupi Kaur en Atticus.

Oor die digter

Kaalwoorde is gestig deur skrywer Ané Kotzé wat die visie gehad het om haar woorde en gedagtes met die wêreld te deel en mense te wys dat hulle nie alleen is nie. Sy het ’n groot aanhang op sosiale media en het saamgewerk met van Suid-Afrika se bekendste akteurs en musikante. Sy is tans in Kambodja op ’n skrywerswegbreek.

 

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Afrikaans Ane Kotze Digkuns Kaalwoorde Kosmos en komete LAPA LAPA Uitgewers New books New releases Poetry


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments