LAPA Uitgewers

‘Julle! Ek het nog ’n storie!’ Aleit se glans en geure leef voort in kookboek … binnekort beskikbaar by LAPA Uitgewers

Kom reis en kook vir oulaas saam met Aleit Swanepoel in sy eerste en laaste kookboek, AleitApteit.

Nuut by LAPA vir onderwysers: Praat jy! Idees vir die skep van ’n skryfkultuur in die klas deur Thérèse Hulme

Praat jy! vertel die stories van Thérèse Hulme en die jongmense wat sy oor ’n tydperk van sewentien jaar aan die skryf gekry het in van die mees gemarginaliseerde gemeenskappe in die Wes-Kaap.

Kom vier die elfde Tuin van Digters met Antjie Krog by die Breytenbach Sentrum in Wellington! (7-8 Okt)

Die bekroonde digter Antjie Krog vier op 23 Oktober 2022 haar 70ste verjaarsdag – en vanjaar word vele geleenthede by die tuin van digters aan haar opgedra …

Die liefde blom behoorlik in vier nuwe Romanzas deur Madelie Human, Louise van der Merwe, Marile Cloete en Bets Smith!

Dis heerlike lente … en LAPA Uitgewers stel bekend vier lekkerlees-liefdesverhale!

Jou storie verdien om vertel te word! Skryf in vir die 2023 LAPA-Jeugromankompetisie

Leef daar ’n storie in jou kop? Sit dan pen op papier en skryf in vir die 2023 LAPA-Jeugromankompetisie!

Wenner van die 2022 LAPA Jeugromankompetisie! Dit het alles begin by ’n hond deur Annelie Ferreira

Dit het alles begin by ’n hond deur Annelie Ferreira is nou beskikbaar by LAPA Uitgewers! So skryf jy ’n wenjeugroman …

Wat is lekker by LAPA? Wen groot pryse in drie lekkerleeskompetisies! (29 Sep – 9 Okt)

Wil jy wegstap met boekpryse ter waarde van tot R1,500? Skryf vandag nog in vir drie opwindende kompetisies by LAPA Uitgewers!

Kom drink ’n koppie koffie saam met Elsa Winckler by The Daily Coffee Cafe in Belville! (29 Sep)

LAPA Uitgewers en Bargain Books Willowbridge nooi jou hartlik uit na ’n soete ontmoeting met … Elsa Winckler!

Geen verskonings nie: Kom vier Murasie deur Chanette Paul regoor Gauteng! (27-30 Sep)

LAPA Uitgewers nooi jou graag na die bekendstellings van Murasie deur Chanette Paul in Randburg en Pretoria!

Nuut deur die bekroonde liedjieskrywer en sanger, Piet Smith: Rigtingwysers vir jou lewenspad

LUCA stel bekend Rigtingwysers vir jou lewenspad deur Piet Smith – ’n padkaart met wyshede vir daardie oomblikke wanneer jy rigting verloor.

Een man. Twee gesinne. ’n Groot besluit wat alles sal verander … Uit die donker deur Santie van der Merwe is nou beskikbaar!

Ian Strydom het twee gesinne: Madelein en driejarige Liam vir wie hy soveel tyd moontlik steel, en Henriette en sy ouer kinders wat hom al minder nodig het …

WEN ’n kookboekbondel vol eg Suid-Afrikaanse erfenisgeregte! Skryf in voor 29 September 2022

LAPA Uitgewers vier Erfenismaand! Drie gelukkige lesers kan hierdie maand elkeen ’n LAPA-kookboekbondel vol Suid-Afrikaanse erfenis wen.

Chanette Paul se jongste boek, Murasie, is hier! Die Strandveld loop dik van die stories …

Aandag alle Chanette Paul-aanhangers! Haar nuutste boek, Murasie, is nou beskikbaar by LAPA Uitgewers!

Kom hou piekniek saam met An-Mari do Carmo by die bekendstelling van Toe als groen was in Bellville! (27 Sep)

Aandag, alle Kapenaars! LAPA Uitgewers nooi jou graag na die bekendstelling van Toe als groen was deur An-Mari do Carmo.

Video: Louise Viljoen wen die Orde van die Beiteltjie in Augustus 2022!

Aandag! Cordis Trust se Afrikaanse Woordkunsakademie het sopas die Orde van die Beiteltjie in Augustus 2022 toegeken aan Louise Viljoen!

Sy’s ’n boeremeisie, hy ’n Jood … Kom vier die nuwe uitgawe van Verbode drif deur Irma Joubert in Wellington! (31 Aug)

LAPA Uitgewers nooi jou hartlik uit na die bekendstelling van Verbode drif deur Irma Joubert!

Irma Joubert, Chanette Paul, Dina Botha, Marie-Louise Cronjé en Elsa Winckler benoem vir die ATKV-Woordveertjies 2022!

Aandag! Die finaliste vir die ATKV-Woordveertjies 2022 is pas bekendgemaak en vyf LAPA-skrywers skitter op die kortlys!

Waar Alet Snyman gaan, volg moord en doodsake … Vleisfees op Karibib deur Isa Konrad is nou beskikbaar!

Ná haar egskeiding keer Alet Snyman terug na Karibib toe om die drade wat sy aan die begin van die jaar daar laat lê het, weer op te tel in Vleisfees op Karibib deur Isa Konrad.

Hoe help jy kinders om verdriet te verwerk? Vind uit in Jou kind en verlies deur Solet Scheeres

Nuut by LAPA! Jou kind en verlies deur Solet Scheeres bevat wenke, idees en ’n leesgids vir ouers, onderwysers, familie en vriende van kinders van alle ouderdomme.