C

Een man. Twee gesinne. ’n Groot besluit wat alles sal verander … Uit die donker deur Santie van der Merwe is nou beskikbaar!
 More about the book!

Die ding lyk geheel en al anders noudat dit in die ope is, noudat dit in die lig is …

Ian Strydom het twee gesinne: Madelein en driejarige Liam vir wie hy soveel tyd moontlik steel, en Henriette en sy ouer kinders wat hom al minder nodig het.

Henriette vermoed haar man het ’n verhouding, maar wil dit nie aan haarself erken dat haar prentjiegesin aan die verbrokkel is nie. Haar geluk draai om dié lewe wat sy deur soveel jare opgebou het, en waarvoor sy so baie prysgegee het.

Madelein, aan die ander kant, is bewus van Ian se vrou en kinders. Haar verhouding met Ian was aanvanklik slegs platonies, maar nou besef sy dat sy te vas aan hom gegroei het. En klein Liam begin vrae vra oor sy pappa wat bykans nooit by die huis slaap nie. Veel langer sal sy nie ’n leuen kan lewe nie.

Wanneer een van Ian se ouer kinders hom toevallig saam met sy tweede gesin sien, kan Ian nie langer die onafwendbare besluit wat hy moet neem uitstel nie. ’n Besluit wat nie net ’n omwenteling in sy eie lewe gaan bring nie, maar ook in die lewens van al die mense wat hy liefhet.

Oor die outeur

Santie van der Merwe is ’n tuisteskepper wat meer hou van lees as van afstof, en meer van skryf as van stryk. As jong tuisblyma van twee kinders steek sy voelers uit en publiseer ’n paar tydskrifverhale. Toe haar jongste kind universiteit toe is, skryf sy in vir die Bloemfonteinse Skrywersvereniging se jaarlikse wedstryd, en wen die tweede prys vir haar kortverhaal, ’n Dag in Junie. Dit was net genoeg motivering om haar hekelpen neer te sit en haar hand aan ’n liefdesroman te waag. Santie woon saam het haar man, seun, kat en hond in Centurion.

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Afrikaans LAPA LAPA Uitgewers New books New releases Santie van der Merwe Uit die donker


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments