C

Jou storie verdien om vertel te word! Skryf in vir die 2023 LAPA-Jeugromankompetisie
 More about the book!

Leef daar ’n storie in jou kop? Sit dan pen op papier en skryf in vir die 2023 LAPA-Jeugromankompetisie!

Die sluitingsdatum vir inskrywings is 31 Oktober 2023, so moenie op jou laat wag nie …

Die wenner van LAPA se 2022 Jeugromankompetisie is Dit het alles begin by ’n hond deur Annelie Ferreira. Wenners vir die 2023 kompetisie sal in Maart 2024 bekendgemaak word.

Wat jy moet weet

Die verhaal moet in Afrikaans geskryf wees en gemik wees op lesers tussen 11 en 18 jaar oud. Alle inskrywings moet die deelnemer se oorspronklike, ongepubliseerde werk wees en deelnemers gee aan LAPA die eerste opsie om enige van die inskrywings te publiseer.

Die prysgeld is as volg:

  • Prys vir merkwaardige jeugverhaal: R30,000
  • Naaswenner: R15,000
  • Naaswenner: R15,000

Lees die volledige reëls op LAPA se webwerf. Lekker skryf!

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags 2023 LAPA-Jeugromankompetisie Afrikaans LAPA LAPA Jeugromankompetisie LAPA Uitgewers Skryfkompetisie Writing Competitions


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments