LAPA Uitgewers

Dis weer tyd vir Juig met LUCA! Kom vier die bekendstelling van Engele om ons met Wendy Maartens en Heinz Winckler op Zoom (29 Nov)

LUCA Uitgewers nooi jou graag na die bekendstelling van Engele om ons deur Wendy Maartens in gesprek met Heinz Winckler!

Woon jy in die Wes-Kaap? Moenie die bekendstellings van Murasie deur Chanette Paul misloop nie! (28 Nov-1 Dec)

LAPA Uitgewers nooi jou graag na die bekendstellings van Murasie deur Chanette Paul in Bredasdorp, Wellington en Tygervallei!

Oos-Kaap onnies, moenie Thérèse Hulme se Praat jy!-slypskole in Gqeberha (25 Nov) en Somerset-Oos (26 Nov) misloop nie!

Aandag, alle Oos-Kaap onderwysers! Kom leer hoe om ’n skryfkultuur in jou klaskamer te skep by twee opwindende slypskole, aangebied deur Thérèse Hulme.

Kom vier die bekendstelling van AleitApteit deur wyle Aleit Swanepoel by Wordsworth Books in Somerset-Wes (24 Nov)

LAPA Uitgewers en Wordsworth Books nooi jou na die viering van oorlede Aleit Swanepoel se nalatenskap met die bekendstelling van AleitApteit. Moenie dit mis nie!

Hoe gemaak wanneer jy filmstudie as ’n genre in jou klas moet behandel? Vind uit in Druk speel deur Leon van Nierop

Druk speel: ’n Filmstudiegids vir die klaskamer deur Leon van Nierop is spesiaal geskryf om onderwysers te help om die hoe en wat van filmanalise beter te kan verstaan.

Kom reis en kook vir oulaas saam met Aleit Swanepoel in AleitApteit – nou beskikbaar by LAPA Uitgewers

AleitApteit is ’n boek gevul met stories van die geliefde Aleit Swanepoel… Kom beleef saam die nostalgie, sy spesiale menswees en die heerlike kos soos net hy dit kon maak.

Het jy al Murasie deur Chanette Paul in die hande gekry? Lees nou die eerste hoofstuk!

Na ’n Twittergeveg wat haar lewe bedreig vlug Georgie Rabie vanuit Kaapstad na Verlatenfontein … maar die plaas is alles behalwe veilig. Lees ’n uittreksel uit Murasie deur Chanette Paul!

Is jy ook op TikTok? Volg LAPA Uitgewers vir die nuutste en beste boeke!

Dit is amptelik, Boektokkers … LAPA Uitgewers is nou op TikTok!

Aan wie behoort die grond? Kom gesels saam oor Inkommers deur Hans du Plessis in Pretoria! (16-19 Nov)

LAPA Uitgewers nooi jou graag na die bekendstelling van Inkommers deur Hans du Plessis by verskeie geleenthede in Pretoria!

Waar vind jy altyd liefde? In LAPA Uitgewers se jongste Romanzas!

Nou beskikbaar by LAPA Uitgewers … vier lekkerlees liefdesverhale deur Rina Cilliers, Wilreza Smit-Theron, Elize Davis en Lizelle von Wielligh.

Het jy al Kanker schmanker! deur Madelein Rust gelees? Lees ’n uittreksel

Uittreksel: Kanker schmanker! – Madelein Rust se roerende outobiografie oor haar stryd met borskanker.

Nou beskikbaar by LUCA! Engele om ons: Alles-in-een joernaal deur Wendy Maartens

Laat jou jongspan die wonders van engele verken met Engele om ons – Wendy Maartens se unieke dagboek en joernaal vir kinders!

Wat is engele? En watter rol speel hulle in die toekoms? Lees ’n uittreksel uit Die onsienlike wêreld van engele deur Jaco Scholtz

‘Die Bybel gee baie verskillende name vir engele,’ skryf Jaco Scholtz, ‘Maar wat ís engele?’ Lees ’n kort uittreksel uit Die onsienlike wêreld van engele.

Wat word verstaan onder verlies en rou? Lees ’n uittreksel uit Jou kind en verlies deur Solet Scheeres om uit te vind

Uittreksel uit Jou kind en verlies deur Solet Scheeres: Lees 8 foutiewe aannames oor die verwerking van verlies en ander insigte.

Moenie die bekendstelling van Inkommers deur Hans du Plessis in Potchefstroom misloop nie! (26 Okt)

LAPA Uitgewers en Bargain Books nooi jou graag na die bekendstelling van Inkommers deur Hans du Plessis!

Het jy al Verbode drif deur Irma Joubert gelees? Lees nou ’n uittreksel!

Die heruitgawe van Verbode drif deur Irma Joubert het onlangs by LAPA Uitgewers verskyn – en jy kan nou ’n uittreksel lees uit Hoofstuk Een!

Waar lê die lyn tussen inwoner en inkommer? Vind uit in Hans du Plessis se jongste roman, Inkommers!

Inkommers deur Hans du Plessis is ‘n eietydse verhaal, ‘n kroniek van die Afrikaners – die familie, nie die volk nie – wat al van die Groot Trek se dae af wydsbeen oor die vuil Vaal in die Vredefortkoepel boer …

Juig met LUCA! Kom vier die bekendstelling van Profesie-Bybel met Heinz Winckler op Zoom (25 Okt)

LUCA en Juig Tydskrif nooi jou graag uit na Juig met LUCA, aangebied deur Heinz Winckler!

[Video] Nou beskikbaar by LUCA – Profesie-Bybel Nuwe Testament! Plus, wen jou eie kopie voor 19 Oktober 2022

’n Eerste in Afrikaans! Die Profesie-Bybel Nuwe Testament is die volledige 2020-vertaling van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika se Nuwe Testament saam met 50 artikels oor profesie.

Goeie nuus vir Kristel Loots-aanhangers – Die lang papawer is nou beskikbaar!

Is jy ook mal oor Kristel Loots se boeke? Haar jongste roman oor ‘anderste’ vroue, Die lang papawer, is nou beskikbaar!