C

Irma Joubert, Chanette Paul, Dina Botha, Marie-Louise Cronjé en Elsa Winckler benoem vir die ATKV-Woordveertjies 2022!
 More about the book!

Aandag! Die finaliste vir die ATKV-Woordveertjies 2022 is pas bekendgemaak en vyf LAPA-skrywers skitter op die kortlys!

Die ATKV-Woordveertjies bekroon jaarliks uitsonderlike prestasie rondom die Afrikaanse woord. En hierdie jaar is Na ’n plaas in Afrika deur Irma Joubert en Marilyn deur Chanette Paul benoem vir die Prys vir Liefdesroman. Plus, Die Kersfeeslysie deur Dina Botha, Weergalose liefde deur Marie-Louise Cronjé en Omdat jy my gesoen het deur Elsa Winckler is benoem vir die Prys vir Romanses!

Veels geluk en sterkte aan al die LAPA-skrywers. Die wenners sal vanaf 13 tot 16 September 2022 op die ATKV se Facebookblad bekend gemaak word.

Lees die persverklaring:

Skud jou vere reg, want dit is weer daardie tyd van die jaar wat die ATKV skrywers se uitsonderlike pennevrug, toewyding en kreatiwiteit vier. Die ATKV-Woordveertjies bekroon jaarliks uitsonderlike prestasie rondom die Afrikaanse woord.

‘Dis vir die ATKV ’n groot voorreg om elke jaar eer te gee aan dié wat dit vir lesers moontlik maak om nuwe wêrelde te ontdek deur die geskrewe woord,’ sê Sonél Brits, besturende direkteur: ATKV-MSW.

‘Vanjaar is geen uitsondering nie en die inskrywings was van hoogstaande gehalte. Dit was beslis nie vir die beoordelaars ’n maklike taak om die finaliste te kies nie. Ons sien uit om binnekort die wenners bekend te maak en om vir hulle te wys dat ons hulle werk in Afrikaans raaksien en waardeer.’

Die wenners sal vanaf 13 tot 16 September op die ATKV se Facebookblad bekend gemaak word.

Finaliste (alfabeties gelys volgens van) in die volgende kategorieë sluit in:

ATKV-Prosaprys

  • Man op ’n fiets êrens heen – Frederik de Jager (Protea Boekhuis)
  • Vier susters – Gerda Taljaard (Penguin Random House SA)
  • Veldhospitaal 12 – Marinda van Zyl (Tafelberg)

Prys vir Liefdesroman

  • Elisabet se oorlog – Helene de Kock (Human & Rousseau)
  • Na ’n plaas in Afrika – Irma Joubert (LAPA Uitgewers)
  • Marilyn – Chanette Paul (LAPA Uitgewers)

Prys vir Poësie

  • Swatland – Ashwin Arendse (Kwela Boeke)
  • Nomadiese sterre – Joan Hambidge (Protea Boekhuis)
  • Klinkklaar – Daniel Hugo (Protea Boekhuis)

Prys vir Romanses

Prys vir Spanningslektuur

  • Gerugte van ’n ontvoering – Chris Karsten (Human & Rousseau)
  • Hartedief – Rudie van Rensburg (Queillerie)
  • Ivoor – Jaco Wolmarans (Tafelberg)

Prys vir Dramateks

  • Bettie, revolusie en dié woord – Lee Doubell
  • Bitterfontein – Corlia Fourie
  • Oom Bey, my pa – Henque Heymans

Prys vir Niefiksie

  • Afrikaner-sondebok: Die lewe van Hans van Rensburg, Ossewabrandwagleier – Albert Blake (Jonathan Ball Uitgewers)
  • Fortuine: Die wel en wee van Afrikaner-magnate – Ebbe Dommisse (Jonathan Ball Uitgewers)
  • Van Humpata tot Upingtonia – Nicol Stassen (Protea Boekhuis)

Die wenners van die ATKV-Kinderboektoekennings, ’n kategorie waar die kinders self vir hulle gunstelingboeke en -illustrasies stem, word ook saam met die Woordwystoekenning vir woordeboeke en taalgidse en die Toekenning vir Leesbevordering aangekondig. Dié wenners in die drie kategorieë sal ook tussen 13 en 16 September op Facebook bekendgemaak word.

Einde

Lees ook:

Categories Afrikaans Fiction Non-fiction South Africa

Tags ATKV-Woordveertjie finaliste ATKV-Woordveertjies 2022 Chanette Paul Die Kersfeeslysie Dina Botha Elsa Winckler Irma Joubert LAPA Uitgewers Marie-Louise Cronjé Marilyn Na 'n plaas in Afrika Omdat jy my gesoen het Romanza Weergalose liefde


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments