C

Kom vier die elfde Tuin van Digters met Antjie Krog by die Breytenbach Sentrum in Wellington! (7-8 Okt)

Die bekroonde digter Antjie Krog (Vetplantfeetjies en Mixtape van die liefde) vier op 23 Oktober 2022 haar 70ste verjaarsdag – en vanjaar word vele geleenthede by die Tuin van Digters aan haar opgedra. Die program open met een van haar bekendste aanhalings:

‘i’m a poet – I distrust anything that starts with a capital letter and ends with a full stop because people don’t think in full, clear sentences’—Antjie Krog

Die tema van vanjaar se Tuin van Digters is *ek-is-jy-is: ’n Individu se menswees en wees is geanker in ’n netwerk van menseverhoudinge: ek is omdat jy is; ons is omdat julle is – almal is omdat elkeen is.

Ander hoogtepunte om na uit te sien sluit in ’n gesprek tussen Thérèse Hulme en die jong skrywers van Praat jy! wat pas verskyn het by LAPA Uitgewers, asook die oorhandiging van die Ingrid Jonker-prys vir ’n debuutbundel aan Jacques Coetzee vir An Illuminated Darkness (uHlanga
Press).

Vir verdere navrae en besprekings …

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Antjie Krog Book events Breytenbach Sentrum Events LAPA Uitgewers Mixtape van die liefde News Penguin Random House SA Poetry Praat jy! Tuin van Digters 2022 Vetplantfeetjies Wellington


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments