C

Nuut deur die bekroonde liedjieskrywer en sanger, Piet Smith: Rigtingwysers vir jou lewenspad
 More about the book!

God weet wat ons wil hê nog voordat ons daarvoor vra. Hy weet ook hoe elkeen van ons se lewenspad lyk nog voordat ons die pad gestap het.

Rigtingwysers vir jou lewenspad is ’n padkaart met wyshede vir wanneer jy rigting verloor of wanneer die uitdagings sonder waarskuwing opduik. Die dagstukke bring moed in swaarkry tye sodat jy sonder sukkel die struikelblokke kan oorkom. Piet Smit het 150 oordenkings geskryf om jou te help koershou deur die lewe se storm- en sonskyndae.

Rigtingwysers vir jou lewenspad is ’n kompas vir daardie oomblikke wanneer die wind jou skip in die verkeerde rigting wil stuur.

Oor die outeur

Piet Smit is ’n bekroonde liedjieskrywer en sanger en ontvang in April 2022 die FAK se Andrew Murray-toekenning vir sy bydrae tot Afrikaanse Christelike musiek oor die afgelope paar dekades. Sy bediening fokus op innerlike genesing en hy het ’n passie vir stukkende mense wat uitgesak het in die lewe. Op die verhoog put hy uit sy eie geestelike neerlae en oorwinnings en verweef dit, saam met sy liedjies, in stories waarmee luisteraars kan vereenselwig. Piet kry sy inspirasie vir die dagstukke uit sy eie ervaringe sowel as sy verhouding met Jesus. Hy skilder ook graag en verkies olieverf en houtskool.

Categories Afrikaans Non-fiction South Africa

Tags Afrikaans LAPA LAPA Uitgewers LUCA New books New releases Piet Smit Rigtingwysers vir jou lewenspad


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments