C

Wenner van die 2022 LAPA Jeugromankompetisie! Dit het alles begin by ’n hond deur Annelie Ferreira
 More about the book!

Terwyl ons stap haal Assad ’n broodjie uit sy kosblik. Ek sien ’n stukkie van wat hy wegsteek. Sou dit nie lekker wees as ons niks hoef weg te steek nie?

‘Wat as ons vir mense alles van onsself wys?’ wonder ek skielik. ‘Soos die mense wat video’s maak vir TikTok en klomp foto’s sit op Instagram en …’

‘Jy dink enigeen wys alles van hulleself op TikTok?’ sê Assad. ‘Of op Instagram?’

Hy is seker reg.

‘Nee,’ sug ek.

Vier tieners dra elkeen swaar aan ’n geheim. Tot die noodlot hulle op ’n vreemde pad saamgooi en hulle mekaar se lewens op magiese wyse aanraak.

Oor die outeur

Behalwe vir ’n paar vroeë jare in Kimberley en Johannesburg het Annelie Ferreira tussen Bellville en Durbanville in die Kaap grootgeword. Sy matrikuleer aan die Hoërskool Bellville, en behaal ’n BA aan die Universiteit van Stellenbosch, asook ’n Nagraadse Diploma in Vertaalkunde. Sy werk voltyds as taalpraktisyn en subredakteur by Sanlam se Taaldienskantoor en Human & Rousseau Uitgewers vir ’n paar jaar, en werk daarna deeltyds en vryskut vir ’n verskeidenheid uitgewers en publikasies. Sy skryf artikels en rubrieke vir ’n verskeidenheid publikasies, en publiseer ’n aantal nie-fiksieboeke. In 2012 wen sy die Sanlam-prys vir Jeuglektuur vir haar eerste jeugboek, Tot siens, koning Arthur, en in 2014 wen sy weer die Sanlam-prys vir Chuck Norris kan deel deur nul.

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags 2022 LAPA Jeugromankompetisie Afrikaans Annelie Ferreira Dit het alles begin by 'n hond LAPA LAPA Jeugromankompetisie LAPA Uitgewers New books New releases


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments