C

Hoe help jy kinders om verdriet te verwerk? Vind uit in Jou kind en verlies deur Solet Scheeres
 More about the book!

’n Mens wil glo dat kinders nie verdriet ervaar nie, maar hulle beleef dit wel. Selfs as ’n mens dit regkry om kinders teen die ergste hartseer te beskerm, sal daar tog ’n keer kom wat hulle een of ander vorm van verlies ervaar en daaroor sal rou.

Die dood van hetsy ’n maat, familielid of troeteldier, is nie die enigste vorm wat verlies aanneem nie. Ook as ouers skei, verander ’n kind se lewe dramaties en kan sy nét sulke heftige emosies beleef soos wanneer iemand sterf. Kinders is veerkragtig en kan met hulp weer hul lewens voortsit.

Dié boek bevat wenke, idees en ’n leesgids vir ouers, onderwysers, familie en vriende van kinders van alle ouderdomme. Die aktiwiteite in die boek help om spelenderwys ’n ruimte vir heling vir kinders te skep. Die pragmatiese en sensitiewe raad het ook ten doel om volwassenes ’n woordeskat te gee wanneer verdriet hulle tot stilte ruk.

Oor die outeur

Solet Scheeres is die skrywer van die gewilde Klub 17-reeks vir tieners wat gepubliseer is van 1998–2000, asook die Glam divas-reeks van 2011–2013. In 2017 publiseer sy ook die kinderboek Die leeutemmer se assistent. Sy word wyd erken as ’n Suid-Afrikaanse kinderboekdeskundige. Haar stokperdjies sluit in lees, tuinmaak en die versamel van verskillende uitgawes van Alice in Wonderland. Solet was werksaam by die SABC waar sy `n reeks programme ontwikkel het wat gemik was op geletterdheid en sy het deeltyds klas gegee by Universiteit van Johannesburg. Sy, haar man en drie kinders immigreer in 2004 na Nederland waar hulle tans nog woon. Solet hou van jeugboeke en kinderboeke omdat daar ’n opregtheid in is wat volwasse lesers nie meer geniet nie.

Categories Afrikaans Non-fiction South Africa

Tags Afrikaans Jou kind en verlies LAPA LAPA Uitgewers New books New releases Solet Scheeres


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments