Afrikaans
Na ’n plaas in Afrika deur Irma Joubert is nou ‘n oudioboek! Luister na ’n voorsmaak gelees deur Anton Brink
Irma is beslis die gewildste en mees geliefde skrywer van Afrikaanse historiese fiksie. En nou kan jy na Na ’n plaas in Afrika luister!
Luister! Hoe het Ethienne Reynecke die doodsengel drie keer vrygespring? Tinus van Staden vertel op Pretoria FM
Luister na ’n onderhoud met Tinus van Staden oor die verstommende storie van oud-rugbyheld en gemengde gevegskuns-kampioen, Ethienne Reynecke.
WEN nog ’n Irna van Zyl-geskenkpak in Afrikaans of Engels!
Goeie nuus! Jy het die maand nóg ’n kans om met ’n Irna van Zyl-boekpak weg te stap. Skryf in voor 31 Oktober 2021.
Wen ’n kopie van Die duisend en eerste nag deur François Bloemhof! Neem deel op Facebook voor 22 Oktober
François Bloemhof se jongste roman Die duisend en eerste nag het pas op die rakke beland, en jy kan nou ’n kopie daarvan wen!
Vergeet van veilige storiegrense – Die duisend en eerste nag deur François Bloemhof is nou beskikbaar!
Nou beskikbaar by LAPA! Die duisend en eerste nag deur François Bloemhof is ’n unieke lees-luister-en-kyk-ervaring.
Kom luister na Ina Bonnette se verhaal van oorlewing, genade en genesing by die aanlynbekendstelling van INA (13 Okt)
Nou beskikbaar by LUCA! Kom luister na Ina Bonnette in gesprek met Bertha Wahl by die aanlynbekendstelling van INA, ’n Verhaal van genade en genesing.
Kom gesels met Pieter van Zyl oor sy boek Verhale van hoop by Hollywood Studios in Krugersdorp-Wes (9 Okt)
LAPA Uitgewers en Hollywood Costumes nooi jou uit na die bekendstelling van Verhale van hoop deur Pieter van Zyl – een dag voor Wêreld Psigiese Gesondheidsdag op Sondag 10 Oktober.
Video: ‘Ek wou vir Marilyn ’n tweede kans gee’ – Chanette Paul gesels oor die opvolgverhaal van haar Vywervrou-trilogie
LAPA Uitgewers het onlangs ’n kort video op Facebook gedeel waarin Chanette Paul gesels oor haar jongste roman, Marilyn.
Kyk! Herman Lensing deel ’n voorsmaak van sy sesde kookboek, Huiskos
Huiskos is nes jy Herman Lensing se kombuis ken: kos wat almal kan saamkook. Binnekort beskikbaar!
Die liefde blom soos madeliefies in Namakwaland in vier nuwe Romanzas!
Nuut by LAPA – vier nuwe Romanzas deur Didi Potgieter, Elsa Winckler, Lizelle von Wielligh en Nellie Alberts.
‘Om stories elders te plaas, maak wyer tematiese velde oop’ – SJ Naudé gesels oor Dol heuning, kuns, taal en queerwees
Francois Lion-Cachet gesels met SJ Naudé oor sy jongste bundel kortverhale, Dol heuning, queerwees, kuns, Suid-Afrika en die straightjacket waarin Afrikaans haar tans bevind.
Graffiti-aanlynkuier: Kom luister hoe gesels Pieter van Zyl oor sy boek, Verhale van hoop (6 Okt)
Moenie Pieter van Zyl se gesprek met Anschen Conradie oor sy boek Verhale van hoop mis nie!
Lees ‘n uittreksel: Die onderwêreld is in rep en roer in Peet Venter se jongste misdaadroman, Een vir een
Is iemand besig om die grootkoppe in georganiseerde misdaad een vir een uit te haal? Lees ‘n uittreksel uit Een vir een deur Peet Venter.
Luister! Renaldo Schwarp gesels oor Skeef en die plaaslike gay-ervaring op The Scenic Drive with Rian
Radio-omroeper Renaldo Schwarp was nou die dag die eregas op The Scenic Drive with Rian, waar hy oor sy baanbrekerboek, Skeef, gesels het.
Lus vir braai? Probeer Mynie Steffens se resepte vir Garnale in Brandewynmarinade en Soetrissies met Kekerertjievulsel
Maak elke dag braaidag met twee smullekker resepte uit Mynie Steffens se jongste kookboek, Mynie speel met vuur!
‘Maar ’n geruime tyd al hoor hy niks nie. Die musiek, die note dis weg’ – Lees ’n uittreksel uit ’n Liedjie vir Anine deur Elsa Winckler
[Uittreksel] Bekende musiekster, Zander Breedt, se muses het hom verlaat in ’n Liedjie vir Anine deur Elsa Winckler.
Luister! Jana Marx gesels met Renaldo Schwarp oor Devilsdorp: ‘Dis ’n storie wat Suid-Afrikaners ruk’
Luister na Renaldo Schwarp se onderhoud met Jana Marx oor die Devilsdorp-reeks op OFM Nights.
Graffiti-aanlynkuier: Moenie die bekendstelling van Op ’n mooi dag deur Irna van Zyl mis nie! (30 Sep)
Kom kuier saam met Irna van Zyl by die aanlynbekendstelling van haar jongste roman, Op ’n mooi dag.
Kom vier die bekendstelling van Moord op Lake Panic deur Leon van Nierop op Kaapsehoop, Mpumalanga (25 Sep)
Kom kuier saam met Leon van Nierop en Alita Steenkamp by die bekendstelling van sy jongste roman, Moord op Lake Panic.
Lees ’n uittreksel uit Moord op Lake Panic deur Leon van Nierop – ’n who-dunnit wat naelbytspanning belowe (Plus: Video)
Uittreksel: Ontmoet Beer Henning, die speurder wat agter die kap van die mes moet kom in Moord op Lake Panic deur Leon van Nierop.