C

Luister! Jana Marx gesels met Renaldo Schwarp oor Devilsdorp: ‘Dis ’n storie wat Suid-Afrikaners ruk’
 More about the book!

‘Skok die storie jou nogsteeds?’ vra Renaldo Schwarp aan Jana Marx, skrywer van Afspraak met moord en hoofverteller en konsultant op Showmax se dokumentêre program, Devilsdorp.

‘Absoluut,’ antwoord Jana onmiddelik. ‘Die hele ding raak my nogsteeds.’ Die diepteverslaggewer vir Netwerk24 sê die Krugersdorp-saak was aanvanklik ‘nog ’n hofsaak in my dagboek’.

‘Dit was eers ’n paar dae in die hofsaak in wat ek besef het wat hier aangaan. Ek het nie besef dit gaan so ’n groot en belangrike saak wees nie.’

Hoekom dink sy is die reeks so suksesvol?

‘Ek is baie trots op die gehalte van die produksie. Die vervaardigers, Idea Candy, het wonderlike werk gedoen,’ sê Jana. ‘Dis ’n storie wat Suid-Afrikaners ruk. Wat dit anders maak is dat dit gebeur het hier in die Wes-Rand met gewone mense. Hoe gebeur dit?’

Luister na die potgooi:

Afspraak met moord is ook in Engels beskikbaar as The Krugersdorp Cult Killings.

Lees ook:

Categories Afrikaans Non-fiction South Africa South African Current Affairs

Tags Afrikaans Afspraak met moord Cecilia Steyn Idea Candy Jana Marx OFM Nights Podcast Renaldo Schwarp The Krugersdorp Cult Killings


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments