C

Kom luister na Ina Bonnette se verhaal van oorlewing, genade en genesing by die aanlynbekendstelling van INA (13 Okt)
 More about the book!

Op 3 January 2012 is Ina Bonnette wreed aangeval en gemartel deur haar eksman Johan Kotze, ook bekend as die Modimolle Monster, en sy drie handlangers. Nege jaar later vertel Ina haar eie verhaal.

Kom luister na Ina in gesprek met Bertha Wahl by die aanlynbekendstelling van INA, ’n Verhaal van genade en genesing.

Moenie dit mis nie!

Besonderhede

Datum: Woensdag 13 Oktober 2021
Tyd: 20:00 SAST
Plek: Jou woonkamer
Facebook-uitnodiging

Oor die boek

Hierdie is Ina Bonnette se eie weergawe van die wrede aanval en marteling deur die Modimolle Monster wat opslae gemaak het toe hy en drie handlangers haar oorrompel het.

INA, ’n Verhaal van genade en genesing is die merkwaardige verhaal van ’n oorwinnaar, ’n vrou wat wreed oorval en gemartel is deur haar eksman en sy handlangers.

Ina moes nie net die onmenslike trauma, pyn en lewensveranderende gevolge van daardie dag verduur nie, sy het ook haar seun aan die dood afgestaan toe hy deur haar aanvaller vermoor is. Hierdie is haar verhaal van oorlewing, genade en uiteindelike genesing.

Oor die outeur

Ina Bonnette is gebore in Rustenburg en het grootgeword in ’n liefdevolle huis. Sy het ’n suksesvolle loopbaan en spreek gereeld vroue toe oor wat met haar gebeur het en hoe om die vroeë tekens van manipulasie en aggressie te identifiseer.

Categories Afrikaans Non-fiction South Africa South African Current Affairs

Tags Afrikaans Bertha Wahl Book events Book launches Graffiti-aanlynkuier Ina ’n Verhaal van genade en genesing Ina Bonnette LAPA LAPA Uitgewers LUCA Modimolle Monster New books New releases


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments