C

Lus vir braai? Probeer Mynie Steffens se resepte vir Garnale in Brandewynmarinade en Soetrissies met Kekerertjievulsel
 More about the book!

Maak elke dag braaidag met twee smullekker resepte uit Mynie Steffens se jongste kookboek, Mynie speel met vuur!

‘Alles smaak soveel beter as dit op die vuur gaargemaak word.’

Jy kan nie met Mynie stry nie! Probeer gerus die resepte vir Garnale in Brandewynmarinade en Soetrissies met Kekerertjievulsel:

~~~

 

Garnale

in Brandewynmarinade

12 gevlekte mediumgroot garnale

heel rooi brandrissies en/of vars kruie vir garnering

MARINADE

¼ koppie Olof Bergh-brandewyn

1 e gekapte vars rooi brandrissie, sonder die saadjies

1 knoffffelhuisie, gekap

1 e heuning

2 e olyfolie

3 e sojasous

sap van ½ suurlemoen

1. Meng al die marinadebestanddele, giet dit oor die garnale en marineer vir minstens 30 minute.

2. Braai die garnale, met die doppe na onder, oor warm kole vir 2 minute. Giet die oorblywende marinade oor die oopgesnyde rugkante van die garnale. Draai die garnale om en braai die vleeskante vir 1 minuut.

3. Garneer met die heel brandrissies en/of vars kruie voor jy dit bedien.

HET JY GEWEET?

Anders as ander seediere, pla dit garnale nie om mekaar te eet nie. Hulle doen dit gewoonlik as hulle nie ander kos kan kry nie.

~~~

Soetrissies

met Kekerertjievulsel

3 e olyfolie vir braai

1 t fyn masala

1 t gerasperde vars gemmer

1 knoffffelhuisie, gekap

½ ui, gekap

12 kersietamaties

1 t kerriepoeier

5 t groenteaftreksel

2 t mielieblom (Maizena), in 2 e water opgelos

1 x 400 g-blik kekerertjies, gedreineer

6 klein geel of rooi soetrissies

1. Verhit die olyfolie in ’n pan en braai die masala, gemmer en knoffffel vir 1 minuut. Voeg die ui by en braai vir nog ’n minuut. Voeg die tamaties by en braai vir 2 minute. Roer die kerriepoeier by en braai vir 1 minuut. Voeg die aftreksel by en laat kook vir 8 minute. Voeg laastens die opgeloste mielieblom en die kekerertjies by en laat kook vir 5 minute.

2. Sny die bokante van die soetrissies af en hou eenkant om as ‘deksels’ te gebruik. Skraap die saadjies uit. Vul die soetrissies met die kekerertjievulsel, sit die ‘deksels’ terug en hou dit met foelie in plek.

3. Braai oor medium kole vir 25–30 minute.

HET JY GEWEET?

Omdat soetrissies saad het en van blomplante kom, is hulle eintlik vrugte en nie groente nie.

~~~

 

 

Categories Afrikaans Cookery Non-fiction South Africa

Tags Afrikaans Braai Braaidag Mynie speel met vuur Mynie Steffens Penguin Random House SA Recipes Resepte


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments