C

‘Om stories elders te plaas, maak wyer tematiese velde oop’ – SJ Naudé gesels oor Dol heuning, kuns, taal en queerwees
 More about the book!

Skink ’n glas wyn en rig jou in vir ’n filosofiese gesprek soos min. Francois Lion-Cachet gesels met SJ Naudé oor sy jongste bundel kortverhale, Dol heuning, queerwees, kuns, Suid-Afrika en die straightjacket waarin Afrikaans haar tans bevind.

Dol heuning is ook in Engels beskikbaar as Mad Honey.

Lees die onderhoud:

FRANCOIS: Dol heuning word gekenmerk deur heelwat ‘kontinentale’ stories wat meestal, as ek reg is, in Suid-Afrika geskryf is. Wat is dit wat jou verbeeldingsvlug na die noorde laat draai?

SJ: Die ruimtes waar die verhale afspeel, is gewoonlik plekke waar ek gewoon het of wat ek goed ken. Omdat ek so ’n groot deel van my volwasse lewe in die noordelike halfrond deurgebring het, is dit waarheen my kreatiewe lewe my dikwels terugneem. Daar is ook die kwessie van die Suid-Afrikaanse geskiedenis wat so swaar hier in die lug hang, en wat mens nie kan ignoreer nie. Om stories elders te plaas, maak wyer tematiese velde oop.

Lees verder: Klyntji

Lees ook:

Foto met dank aan Monocle

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Afrikaans Dol heuning Francois Lion-Cachet Interviews Klyntji Mad Honey Penguin Random House SA SJ Naudé


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments