C

Vergeet van veilige storiegrense – Die duisend en eerste nag deur François Bloemhof is nou beskikbaar!
 More about the book!

1001 nagte, 1001 wonders, 1001 gevare.

Wanneer Herman Swart se tweelingsuster Herma onverwags sterf, val ’n deel van hom weg. Hy raak toenemend eensaam en onttrek in ’n wêreld van ou films. Hy sien haar in sy eie spieëlbeeld en hoor haar op ongeleë tye. ’n Bykomende traumatiese ervaring versplinter sy wêreld finaal en Herman verval in ’n diep koma.

Hy bevind homself binne-in ’n avontuur, ’n nagmerrie, ’n wêreld waarin droom, fantasie, film, vervolgverhale, musiek en die gotiese ineenvleg. In hierdie vreemde, magiese realisme beweeg hy tussen plekke, ontmoet verskeie karakters en word weggelok deur die prinses, ’n meisie wat baie aan Herma herinner.

François Bloemhof het al plaaslik en wêreldwyd vir talle literêre eerstes gesorg, maar met hierdie unieke lees-luister-en-kyk-ervaring oortref hy homself. Die duisend en eerste nag het geen geduld met ou, veilige storiegrense nie.

Oor die outeur

François Bloemhof het sewentien jaar gelede op die literêre verhoog verskyn met die De Kat-prys vir sy debuutroman Die nag het net een oog. Dit is spoedig opgevolg met ewe populêre boeke, almal spanningsverhale van een of ander aard, totdat hy sy hand gewaag het aan moeilik klassifiseerbare werke soos StorieboekHostis en Klipgooi. Jong lesers het van sy werk gehou en uitgewers het hom oorreed om vir jong volwassenes ook te skryf, wat hy só suksesvol gedoen het, dat hy ’n ruk lank daarop gefokus het. Hy het gou ’n hele versameling ATKV-Veertjies (’n kompetisie waar jong lesers self die wenboeke kies) op sy rak gehad, langs die pryse wat reeds daar versamel het – vir Slinger-slinger en Nie vir kinders nie ­die Tafelberg/Sanlam Jeugliteratuur Kompetisie.

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Afrikaans Die duisend en eerste nag François Bloemhof LAPA LAPA Uitgewers New books New releases


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments