Jonathan Ball Uitgewers

Fortuine deur Ebbe Dommisse is terug op die rakke! Gou spring voor dit weer uitverkoop

Aandag! Fortuine: Die wel en wee van Afrikaner-magnate is nou weer landswyd by toonaangewende boekwinkels beskikbaar.

Graffiti-aanlynkuier: Moenie die virtuele bekendstelling van Fortuine deur Ebbe Dommisse misloop nie! (11 Mei)

Jonathan Ball Uitgewers en Graffiti Boeke nooi jou graag na die virtuele bekendstelling van Fortuine: Die wel en wee van Afrikaner-magnate deur Ebbe Dommisse.

Hoe het Afrikaner-magnate soos Koos Bekker en Christo Wiese hul sakeryke opgebou? Vind uit in Fortuine deur Ebbe Dommisse

Fortuine: Die wel en wee van Afrikaner-magnate deur Ebbe Dommisse vertel hoe Afrikaanse sakeleiers soos Jannie Mouton, Whitey Basson, Koos Bekker en ander hul sakeryke tot stand gebring het.

Louis Botha: Krygsman, Generaal, Staatsman deur Richard Steyn is nou beskikbaar in Afrikaans

In sy jongste boek, Louis Botha, gee Richard Steyn op meesterlike wyse insae in die lewe van hierdie grootse Suid-Afrikaanse krygsman en staatsman.

Uittreksel: Die ontdekking van ’n dooie baba in ’n skuur dreig om ’n jong vrou se lewe te verwoes in Die Belydenis deur Jodi Picoult

Het die agtienjarige Katie Fisher haar baba vermoor? Kan Ellie Hathaway, ’n ontnugterde advokaat, haar help om haar onskuld te bewys? Lees ’n uittreksel uit Die Belydenis deur Jodi Picoult.

‘Asterix se eie kleinkind – reg vir ’n veldslag’: Lees ’n skerpsinnige uittreksel uit Amper Frans deur Louis Jansen van Vuuren

Lees ’n uittreksel uit Amper Frans waar die skrywer Louis Jansen van Vuuren sy Franse kulinêre opvoeding op skreeusnaakse wyse beskryf: ‘In die keurige foyer van die hotel besef ek gou hierdie is ’n hoëhol-instansie.’

Wie is Annie Olivier, die uitgewer agter Jonathan Ball se uitstekende niefiksie oesjaar vir 2020?

Dit gebeur selde dat die helde agter die boeke in die kollig geplaas word. Melt Myburgh het onlangs met Annie Olivier, Jonathan Ball Uitgewers se dinamiese niefiksie-uitgewer, gaan gesels om haar beter te leer ken.

Boekuittreksel: Wat in jou lewe is nie afgehandel nie? Dis die kernvraag in Die Boek van Twee Weë deur Jodi Picoult

Lees ’n uittreksel uit Die Boek van Twee Weë deur Jodi Picoult – ’n aangrypende roman oor lewe en dood, en verspeelde kanse.

‘Hm-hm. Hierso doen jy dit anders.’ Lees ’n skreeusnaakse uittreksel uit Amper Frans deur Louis Jansen van Vuuren

In sy jongste boek, Amper Frans, beskryf Louis Jansen van Vuuren hoe hy destyds tydens formele Franse onthale amper die hasepad gekies het. Lees ’n uittreksel.

Kom vier die bekendstelling van Die Brug deur Deon Lamprecht in Kaapsehoop (7 Nov)

Jonathan Ball Uitgewers en Nagkantoor nooi jou uit na die bekendstelling van Die Brug: Na die hel toe en terug in Angola deur Deon Lamprecht.

Vanaand om 8! Kom verbeel jou jy is Amper Frans saam met Louis Jansen van Vuuren en Riana Scheepers (23 Okt)

Moenie vanaand se fees misloop nie! Jonathan Ball Uitgewers en Graffiti Boeke nooi jou uit na die virtuele bekendstelling van Amper Frans deur kunstenaar Louis Jansen van Vuuren.

[2020 kykNET-Rapport-boekpryse] Lees ’n uittreksel uit Robey Leibbrandt: ’n Lewe van fanatisme deur Albert Blake

Lees ’n uittreksel uit Robey Leibbrandt: ’n Lewe van fanatisme deur Albert Blake – benoem vir die 2020 kykNET-Rapport-boekpryse.

Luister! Deon Lamprecht lees ’n uittreksel voor uit Die Brug: Na die hel en terug in Angola (Plus: Onderhoud)

Deon Lamprecht het onlangs ’n uittreksel voorgelees uit sy jongste boek, Die Brug: Na die hel en terug in Angola. Luister na die voorlesing.

Robey Leibbrandt: ’n Lewe van fanatisme deur Albert Blake benoem vir die 2020 kykNET-Rapport-boekpryse

Aandag! Robey Leibbrandt: ’n Lewe van fanatisme deur Albert Blake is vanjaar benoem vir die 2020 kykNET-Rapport-boekpryse!

Penguin Random House SA, LAPA Uitgewers en Jonathan Ball se boeke benoem vir die 2020 kykNET-Rapport-boekpryse

Jonathan Ball Uitgewers, Penguin Random House SA en LAPA Uitgewers, ’n afdeling van PRHSA, se boeke skitter vanjaar op die kykNET-Rapport-boekpryse se kortlyste.

Graffiti-aanlynkuier: Moenie Deon Lamprecht se gesprek met Jo Prins oor sy boek Die Brug misloop nie! (13 Aug)

Jonathan Ball Uitgewers en Graffiti Boeke nooi jou uit na die virtuele bekendstelling van Die Brug: Na die hel toe en terug in Angola deur Deon Lamprecht.

Lees ’n uittreksel uit Negentien minute deur Jodi Picoult, vertaal deur Daniel Hugo (Plus: Kyk na die boeklokprent)

Jodi Picoult se roman Negentien minute het pas in Afrikaans by Jonathan Ball Uitgewers verskyn, vertaal deur Daniel Hugo, en fokus op skoolskietery. Lees hier ’n uittreksel en kyk na die lokprent.

Die Brug: Na die hel en terug in Angola deur bekroonde skrywer Deon Lamprecht is nou beskikbaar

In Die Brug deur Deon Lamprecht keer ’n groep ouddienspligtiges terug na Angola in 2018 op soek na afsluiting – en om die wrak te vind van die Ratel waarin ’n makker op die laaste dag van die oorlog gesterf het.

Negentien minute (Nineteen Minutes) deur Jodi Picoult is nou in Afrikaans beskikbaar!

Jodi Picoult se uiters aktuele roman oor groepsdruk en boeliegedrag, Negentien minute, is nou in Afrikaans by Jonathan Ball Uitgewers beskikbaar. Meesterlik vertaal deur Daniel Hugo, Negentien minute is ook as e-boek beskikbaar.

Video: Willem Krog gesels met Kabous Meiring oor sy jongste roman, Alleen onder die maan

Kabous Meiring was onlangs in gesprek met Willem Krog oor sy jongste roman, Alleen onder die maan. Kyk na die video vir die voorlesing and gesprek.