C

Louis Botha: Krygsman, Generaal, Staatsman deur Richard Steyn is nou beskikbaar in Afrikaans
 More about the book!

‘Hy was een van die grootste geeste ter wêreld.’ – Winston Churchill

Louis Botha was ’n briljante Boeregeneraal wie se taktiese vernuf en intuïtiewe aanslag vir etlike oorwinnings oor die Britse magte in die Anglo-Boereoorlog gesorg het. Maar dit was sy enigmatiese karakter en vaste oortuiging om te hou by wat hy geglo het reg was, wat hom as ’n leier van die Boerevolk bevestig het.

Richard Steyn gee op meesterlike wyse insae in die lewe van hierdie grootse Suid-Afrikaanse krygsman en staatsman. Hy beskryf verhelderend hoe Botha saam met sy hegte vriend, Jan Smuts, die vier Suid-Afrikaanse kolonies na Uniewording in 1910 gelei het waarna Botha as die eerste eerste minister van die Unie aangewys is.

Gedurende die Eerste Wêreldoorlog was Botha aan die voorpunt van die Suid-Afrikaanse magte se suksesvolle inval van Duits-Suidwes-Afrika. Tog is hy deur talle Afrikaners verkwalik vir sy steun aan Brittanje, en die Afrikaner-rebellie van 1914, waartydens hy teen voormalige makkers moes optree, het sy hart gebreek.

Botha se groothartig en vrygewige omgang met mense – van Vereeniging tot Versailles – het hom bo sy tydgenote laat uitstaan.

Die Engelse weergawe, getiteld Louis Botha: A Man Apart, is in 2018 gepubliseer en het 4,000 kopieë verkoop.

Oor die outeur

Richard Steyn is ’n oud-Matie wat ’n praktiserende prokureur was voordat hy die regsberoep vir die joernalistiek verruil het. Hy was redakteur van Natal Witness in Pietermaritzburg van 1975 tot 1990, ’n Nieman-genoot aan Harvard-universiteit in 1985/’86, en hoofredakteur van The Star van 1990 tot 1995. Daarna was hy vir vyf jaar Standard Bank se direkteur van korporatiewe sake en kommunikasie voordat hy voltyds begin skryf het.

Categories Afrikaans Non-fiction South Africa

Tags Afrikaans Jonathan Ball Uitgewers Louis Botha New books New releases Richard Steyn


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments