C

‘Hm-hm. Hierso doen jy dit anders.’ Lees ’n skreeusnaakse uittreksel uit Amper Frans deur Louis Jansen van Vuuren
 More about the book!

Sarie het onlangs ’n uittreksel gedeel uit Amper Frans: ’n Lewe van fanfare en faux pas deur die kunstenaar Louis Jansen van Vuuren.

Toe hy 21 jaar gelede vir die eerste keer in Parys aankom, sou Louis hom nooit kon indink dat hy eendag ’n château in die Franse platteland sou besit nie. In Amper Frans vertel hy op skreesnaakse wyse hoe hy alles wat Frans is ontdek en beproef het saam met sy lewensmaat, Hardy Olivier.

Maar eers moes hy ’n paar lesse leer oor hoe dinge gedoen word in Frankryk.

Lees die uittreksel:

Tydens ons huiwerige toetrede tot formele Franse onthale wil ek heel partykeer amper die hasepad kies, omdat ’n mense soms hare op jou tande moet hê om nie aanstoot te neem nie.

‘Non! Non! Non, mon che’ri,’ blaas my vriendin François uit die sykant van haar mooi geverfde mondhoek. ‘Sit julle twee eers en dan volg ons almal julle voorbeeld,’ glimlag sy vir my, nadat sy vir die ander gaste haar donker oë plafonwaarts gerol het.

Dis ons eerste dinner paartie met nét Franse gaste en ek en Hardy bly beleef staan sodat die gaste by die formeel gedekte tafel kan gaan sit. Ek probeer ewe galant om die stoel vir François aan my regterkant uit te trek en Hardy probeer dieselfde doen vir Margot aan sy regterkant.

Hm-hm. Hierso doen jy dit anders.

Categories Afrikaans International Non-fiction South Africa

Tags Afrikaans Amper Frans Amper Frans: 'n Lewe van fanfare en faux pas Book excerpts Book extracts Jonathan Ball Uitgewers Louis Jansen van Vuuren Sarie Uittreksel


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments