Jonathan Ball Uitgewers

‘Dis ’n merkwaardige ervaring om jou oë oor hierdie beelde te gooi’: Melvyn Minnaar resenseer Die Anglo-Boereoorlog in Kleur

‘Hy is van ’n eeu of meer gelede, maar die figuur op die blad gee jou ’n emosionele en intellektuele rilling: ’n spook wat in die hede aandag opeis’ – Melvyn Minnaar oor Die Anglo-Boereoorlog in Kleur deur Tinus le Roux.

‘Fassinerend!’ Lees wat skryf Phyllis Green oor Die Anglo-Boereoorlog in Kleur deur Tinus le Roux (Plus: Loer na die foto’s!)

‘Die Anglo-Boereoorlog in Kleur laat mens werklik met ander oë na hierdie tragiese geskiedenis van Suid-Afrika kyk,’ skryf Phyllis Green oor Tinus le Roux se pragboek in Sarie.

Vind uit watter skrywers is die jaar by die US Woordfees 2022 in Stellenbosch – en koop nou jou kaartjies! (10-16 Okt)

Die Toyota US Woordfees vind vanjaar plaas vanaf 10 tot 16 Oktober 2022! Lesers kan uitsien na die volgende opwindende skrywers en geleenthede op die feesprogram …

Kom kuier saam met bekroonde skrywers by die Vrystaatfees! (2-8 Okt)

Die Vrystaatkunstefees vind vanjaar plaas vanaf 2 tot 8 Oktober 2022! Hier ‘n paar van die skrywers en geleenthede om na uit te sien …

Potgooi: ’n Eerste in Suid-Afrika! Tinus le Roux vertel van die skattejag na foto’s vir sy boek, Die Anglo-Boereoorlog in kleur

Luister! Tinus le Roux vertel hoe hy afgekom het op Anglo-Boereoorlog-foto’s wat nog nooit in boekvorm verskyn het nie …

Lees nou ’n uittreksel uit Fortuine deur Ebbe Dommisse – onlangs benoem vir ’n ATKV-Woordveertjie en ’n kykNET-Rapportprys!

Gaan Fortuine deur Ebbe Dommisse vandeesmaand met ’n Woordveertjie en ’n kykNET-Rapportprys wegstap? Hou die spasie dop. Intussen, lees gerus ’n uittreksel!

Was Hans van Rensburg regtig ’n verbete Afrikaner-fascis? Lees ’n uittreksel uit Afrikaner-Sondebok? deur Albert Blake!

Uittreksel: Ossewabrandwag-leier Hans van Rensburg word dikwels as ’n verbete Afrikaner-fascis beskryf, maar die werklikheid is meer kompleks, skryf Albert Blake in sy boek Afrikaner-Sondebok? wat pas benoem is vir ’n ATKV-Woordveertjie! 

Afrikaner-sondebok deur Albert Blake en Fortuine deur Ebbe Dommisse benoem vir die ATKV-Woordveertjies 2022!

Aandag! Die finaliste vir die ATKV-Woordveertjies 2022 is pas bekendgemaak met Afrikaner-sondebok deur Albert Blake en Fortuine deur Ebbe Dommisse op die Prys vir Niefiksie-kortlys!

Fortuine deur Ebbe Dommisse benoem vir die kykNET-Rapport-boekpryse 2022!

Aandag! Fortuine: Die wel en wee van Afrikaner-magnate deur Ebbe Dommisse is pas benoem vir die kykNET-Rapportprys: Niefiksie!

Nuut vir alle kranige voëlkykers! Veld Voëls van Suider-Afrika saamgestel deur Burger Cillié, Niel Cillié, Phil Penlington, Trevor Hardaker en Karin Wiesler

Veld Voëls van Suider-Afrika: Die volledige fotogids bevat nagenoeg 2,000 pragtige kleurfoto’s van alle voëlspesies wat tot op hede in Suider-Afrika aangeteken is – en nog meer!

Video: ‘Daar was nog nooit ’n biografie oor Hans van Rensburg nie’ – Albert Blake gesels oor sy boek, Afrikaner-Sondebok?

Was Hans van Rensburg ’n verbete Afrikaner-fascis of ’n gerieflike sondebok vir die Smuts- en Nasionale Party-regerings? Albert Blake vertel …

‘Skerp en toeganklik’: Jan-Jan Joubert resenseer Terreur en Bevryding deur Leopold Scholtz

Min mense kan by Leopold Scholtz kers vashou, meen Jan-Jan Joubert. Lees sy resensie oor Terreur en Bevryding.

‘Dis asof jy aan hulle kan raak of hul hoor gesels’: Louise Viljoen resenseer Die Anglo-Boereoorlog in kleur deur Tinus le Roux

Louise Viljoen het onlangs ’n resensie geskryf oor Die Anglo-Boereoorlog in kleur deur Tinus le Roux – die heel eerste boek oor die oorlog wat in volkleur verskyn het!

Video: ‘DIE SAKP was een van die mees Kremlin-getroue kommunistiese partye ter wêreld’ – Dr Leopold Scholtz

‘Die ANC se narratief oor sy eie verlede is dat hy was volmaak […] maar die volle waarheid is baie meer genuanseerd as dit.’ Só sê Dr Leopold Scholtz in ’n onderhoud oor sy jongste boek, Terreur en bevryding.

[Video] Tinus le Roux oor Die Anglo-Boereoorlog in kleur: ‘Dit moet lyk asof dit met ’n kleurkamera geneem is’

‘Die belangrikheid om jou geskiedenis te bewaar en te koester en te laat leef is vir my na aan die hart’ – Tinus le Roux gesels oor Die Anglo-Boereoorlog in kleur op Die Groot Ontbyt.

Hoeveel invloed het Rusland op die ANC se regeerstyl gehad? Vind uit in Terreur en bevryding deur Leopold Scholtz

In Terreur en bevryding skryf Leopold Scholtz dat die SAKP reeds in 1928 opdrag van die Kremlin ontvang het om die ANC te infiltreer.

Graffiti-aanlynkuier: Vier die bekendstelling van Afrikaner Sondebok? deur Albert Blake in jou woonkamer! (3 Aug)

Was Ossewabrandwag-leier Hans van Rensburg ‘n verbete Afrikaner-fascis of ‘n gerieflike sondebok? Kom vind uit by die bekendstelling van Afrikaner Sondebok deur Albert Blake.

Kom vier die virtuele bekendstelling van Just A Moment deur Schalk Burger Snr met Michael Vlismas (20 Julie)

Jonathan Ball Uitgewers en Graffiti Boeke nooi jou uit na die virtuele boekbekendstelling van Just A Moment deur Schalk Burger Snr met Michael Vlismas.

Nuut deur Albert Blake: Afrikaner-Sondebok? Die lewe van Hans van Rensburg, Ossewabrandwag-leier

Jonathan Ball Uitgewers stel bekend Afrikaner-Sondebok? Die lewe van Hans van Rensburg, Ossewabrandwag-leier deur Albert Blake.

‘Jannie, as jy kat en muis wil speel, moet jy seker maak dat jy die kat is’: Lees ’n uittreksel uit Fortuine deur Ebbe Dommisse

Tussen die vier mure van die restaurant Decameron in die hartjie van Stellenbosch word saketransaksies beslis en betwis. Lees ’n uittreksel uit Fortuine deur Ebbe Dommisse.