C

Negentien minute (Nineteen Minutes) deur Jodi Picoult is nou in Afrikaans beskikbaar!
 More about the book!

‘Hoe goed ken ’n mens werklik jou gesinslede of enigiemand anders? Hoe vernietigend is groepsdruk, hoe intimiderend die behoefte aan tuishoort? Uiters aktueel, nie net in Amerika nie.’ – Deborah Steinmair, joernalis en skrywer

Nadat hy jare lank wreed verbaal en fisiek deur klasmaats geboelie is, knak die 17-jarige Peter Houghton een oggend. Binne slegs negentien minute sterf tien inwoners van die dorp Sterling in Amerika.

Die geskokte gemeenskap is vasberade dat geregtigheid moet geskied. Soos die hofsaak ontvou en Peter getuienis lewer, kom dit egter aan die lig dat die inwoners van Sterling ’n rol daarin gespeel het om ’n innemende, liefdevolle seun in ’n massamoordenaar te laat verander.

In ’n era waarin boeliegedrag toenemend ’n probleem is, hou hierdie meesleurende boek talle insigte in vir ouers, onderwysers en tieners.

Hierdie is die tweede fondslystitel van Jodi Picoult wat in Afrikaans vertaal word. Die Belydenis het in Februarie vanjaar verskyn en op die topverkoperslyste geboer. Haar jongste boek is in Oktober op die rakke en word ook deur Jonathan Ball Uitgewers uitgegee.

Oor die outeur

Jodi Picoult is ’n gewilde en geliefde skrywer van etlike topverkopers, waaronder My Sister’s KeeperThe Storyteller en Small Great Things. Sowat 40 miljoen eksemplare van haar boeke is tans wêreldwyd in druk.

Meer as 25 romans het al uit haar pen verskyn en haar werk is reeds in 34 tale vertaal. My Sister’s Keeper is ook in ’n rolprent omskep.

Picoult is al verskeie kere bekroon, onder meer met die New England Book Award. Sy woon in New Hampshire in Amerika met haar man en drie kinders.

Fotokrediet​: Nina Subin

Oor die vertaler

Daniel Hugo is ’n bekroonde vertaler, digter en taalpraktisyn. Hy is al twee keer deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vereer vir sy vertalings uit Nederlands na Afrikaans.

Negentien minute is ook beskikbaar as e-boek:

Categories Afrikaans Fiction International South Africa

Tags Afrikaans Alex Cormier Daniel Hugo Jonathan Ball Uitgewers Negentien minute New books New releases Nineteen Minutes


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments