C

Wie is Annie Olivier, die uitgewer agter Jonathan Ball se uitstekende niefiksie oesjaar vir 2020?
 More about the book!

Dit gebeur selde dat die helde agter die boeke in die kollig geplaas word. Melt Myburgh het onlangs met Annie Olivier, Jonathan Ball Uitgewers se dinamiese niefiksie-uitgewer, gaan gesels om haar beter te leer ken.

In die onderhoud op LitNet gesels Annie oor die hoogtepunte in haar uitgewersloopbaan, haar agtergrond as joernalis by Rapport en Beeld, en al die ander dinge wat haar passie vir boeke en skrywers aanvuur.

‘Daar is min dinge wat my motiveer soos ’n skrywer wat hard werk en met niks minder as die beste tevrede is nie,’ sê sy in die onderhoud.

Lees verder:

Vir Annie is dit moeilik om hoogtepunte in haar uitgewersloopbaan uit te wys – ‘Hoe kies ’n mens tussen jou kinders?’ sug sy. ‘As feitlik elke boek wat ek al uitgegee het my nie opgewonde gehad het nie, dan sou ek nie my werk as uitgewer ordentlik gedoen het nie.’

Toe sy in 2016 Johann van Loggerenberg en Adrian Lackay se Rogue gepubliseer het, was Jacob Zuma nog stewig in die saal. ‘Ons het regtig gevrees dat daar pogings sal wees om die publikasie daarvan te keer,’ vertel Annie. ‘Dit was die eerste boek oor staatskaping en is onder groot geheimhouding aan die handel voorgelê, en ook in rekordtyd geskryf en uitgegee.’

Categories Afrikaans Non-fiction South Africa

Tags Afrikaans Annie Olivier Interviews Jonathan Ball Publishers Jonathan Ball Uitgewers Litnet Melt Myburgh


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments