C

Fortuine deur Ebbe Dommisse benoem vir die kykNET-Rapport-boekpryse 2022!
 More about the book!

Aandag! Fortuine: Die wel en wee van Afrikaner-magnate deur Ebbe Dommisse is pas benoem vir die kykNET-Rapportprys: Niefiksie. Die kykNET-Rapport-boekpryse 2022 word toegeken aan die beste Afrikaanse fiksie en niefiksie wat in 2021 verskyn het.

Fortuine is ook in Engels beskikbaar as Fortunes: The Rise and Rise of Afrikaner Tycoons. In die boek vertel Dommisse hoe Afrikaner-magnate soos Koos Bekker, Johann Rupert, Christo Wiese, Whitey Basson, Jannie Mouton, Michiel le Roux, GT Ferreira, Laurie Dippenaar, Roelof Botha, Hendrik du Toit en ’n aantal megaboere hul sakeryke tot stand gebring het. Die boek beskryf hul lewens- en sakefilosofieë en wat van hulle sulke suksesvolle entrepreneurs maak.

Lees ’n uittreksel:

Fortuine verskyn op die niefiksie-kortlys saam met Als is nie net swart en wit nie deur Malvory Adams (Naledi) en Van Humpata tot Upingtonia deur Nicol Stassen (Protea Boekhuis).

Die prysgeld beloop vanjaar altesaam een miljoen rand. Pryse word soos volg toegeken:

  • R300,000 elk vir die kykNET-Rapportprys vir fiksie en niefiksie onderskeidelik
  • R155,000 vir die kykNET-Rapport-filmprys
  • R155,000 vir die Jan Rabie-Rapportprys
  • R30,000 elk vir drie resensiepryse
Die wenners word op Saterdag, 24 September, in Kaapstad aangekondig.

Categories Afrikaans Non-fiction South Africa South African Current Affairs

Tags Afrikaans Ebbe Dommisse Fortuine: Die wel en wee van Afrikaner-magnate Jonathan Ball Uitgewers kykNET-Rapport-boekpryse 2022 kykNET-Rapportprys: Niefiksie News


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments