C

Potgooi: ’n Eerste in Suid-Afrika! Tinus le Roux vertel van die skattejag na foto’s vir sy boek, Die Anglo-Boereoorlog in kleur
 More about the book!

Pretoria FM-aanbieder Esmarie Yssel het onlangs met Tinus le Roux gesels sy boek, Die Anglo-Boereoorlog in kleur, wat hierdie jaar by Jonathan Ball Uitgewers verskyn het. ‘Dis die mooiste boek wat ek in ’n baie lank tyd vasgehou het,’ sê sy in die begin van haar onderhoud met Tinus, ’n militêre geskiedenis-entoesiasies wat al sedert 2014 Anglo-Boereoorlogfoto’s inkleur.

Waar kom al die foto’s vandaan? Tinus vertel dat die Oorlogsmuseum in Bloemfontein hom toegang gegee het tot hul volledige versameling foto’s, maar dis nie al nie. ‘Mense regoor die wêreld het vir my foto’s gestuur,’ vertel hy. ‘Mense uit Engeland uit, mense hier in Suid-Afrika … Daar was een persoon wat vir my ’n versameling van 20,000 foto’s gestuur het.’

So het hy afgekom op juwele wat nog nooit verskyn het in boekvorm nie …

Luister na die potgooi:

Categories Afrikaans Non-fiction South Africa

Tags Afrikaans Die Anglo-Boereoorlog in Kleur Esmarie Yssel Interviews Jonathan Ball Uitgewers Podcast Potgooi Pretoria FM Tinus le Roux


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments