C

Nuut vir alle kranige voëlkykers! Veld Voëls van Suider-Afrika saamgestel deur Burger Cillié, Niel Cillié, Phil Penlington, Trevor Hardaker en Karin Wiesler
 More about the book!

Veld Voëls van Suider-Afrika: Die volledige fotogids bring die heel nuutste foto’s, navorsing en verspreidingsdata oor alle voëlspesies wat tot op hede in Suider-Afrika aangeteken is, byeen. Hierdie omvattende veldgids bevat nagenoeg 2,000 pragtige kleurfoto’s, asook:

  • Die nuutste inligting oor die 991 voëlspesies in Suider-Afrika
  • Bondige inskrywings wat fokus op identifikasie, moontlike verwarring, gedrag en habitat, asook verskille in geslag, ouderdom, kleurvariasies en subspesies
  • Opsommende inligting oor elke voëlspesie se grootte, kos, status en sosialiteit
  • Bygewerkte, kleurgekodeerde verspreidingskaarte wat elke voël se status en digtheid aandui
  • ’n Volledige en verkorte register
  • ’n Toepassing (app) met voëlroepe en addisionele foto’s van kleurvariasies.

Of jy buite in die veld of op die rusbank in jou huis is, is hierdie gids ’n onontbeerlike metgesel.

Oor die samestellers

Burger Cillié is ’n bekroonde natuurfotograaf met meer as dertig jaar se ervaring. Hy is die skrywer en mede-skrywer van meer as vyftien boeke en lewer gereeld praatjies oor Suider-Afrikaanse voëls en wild. Niel Cillié is ’n bekende fotograaf van Suider-Afrikaanse voëls en wild. Hy is ’n grafiese ontwerper en skrywer verbonde aan Game Parks Publishing met ’n spesiale belangstelling in roofvoëls. Phil Penlington is ’n ervare voëlkyker en -fotograaf, die mede-stigter van birdpics.co.za en ’n gereelde deelnemer aan BioChat. Trevor Hardaker is een van SA se mees ervare voëlkykers. Hy is die voorsitter van die BLSA National Rarities Committee en besit en bestuur die e-nuusbrief Southern African Rare Bird News. Karin Wiesler is ’n kranige voëlkyker en -fotograaf met ’n graad in omgewingsleer en ’n kwalifikasie van die Suider-Afrikaanse Vereniging van Veldgidse (FGASA).

Categories Afrikaans Non-fiction South Africa

Tags Afrikaans Burger Cillie Jonathan Ball Uitgewers Karin Wiesler New books New releases Niel Cillie Phil Penlington Trevor Hardaker Veld Voëls van Suider-Afrika Veld Voëls van Suider-Afrika: Die volledige fotogids


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments