C

‘Fassinerend!’ Lees wat skryf Phyllis Green oor Die Anglo-Boereoorlog in Kleur deur Tinus le Roux (Plus: Loer na die foto’s!)
 More about the book!

Die Anglo-Boereoorlog in Kleur laat mens werklik met ander oë na hierdie tragiese geskiedenis van Suid-Afrika kyk,’ skryf Phyllis Green oor Tinus le Roux se pragtige boek wat vanjaar by Jonathan Ball Uitgewers verskyn het.

Tonele en rolspelers uit die Anglo-Boereoorlog kry nuwe lewe in hierdie unieke versameling foto’s wat lewensgetrou ingekleur is – en dit is die heel eerste boek oor die oorlog wat in volkleur verskyn het.

Lees die resensie:

Vir hierdie leser het die kleurfoto’s die oorlog baie meer werklik en direk laat voel.

Wanneer ek na swart-en-wit foto’s kyk, is daar meer van ’n emosionele afstand en voel ek my nie so betrokke by die gebeure nie. As fotograaf is die hoofstuk aan die einde van die boek besonder interessant. Daarin deel Le Roux hoe hy te werk gaan in sy ateljee om die foto’s nuwe lewe te gee. Fassinerend!

Lees ook:

Categories Afrikaans Non-fiction South Africa

Tags Afrikaans Boekresensie Book Reviews Die Anglo-Boereoorlog in Kleur Jonathan Ball Uitgewers Phyllis Green Sarie Tinus le Roux


1 Votes

You must log in to post a comment

0 Comments