C

‘Dis ’n merkwaardige ervaring om jou oë oor hierdie beelde te gooi’: Melvyn Minnaar resenseer Die Anglo-Boereoorlog in Kleur
 More about the book!

‘Hy is van ’n eeu of meer gelede, maar die figuur op die blad gee jou ’n emosionele en intellektuele rilling: ’n spook wat in die hede aandag opeis.’

Só beskryf Melvyn Minnaar Die Anglo-Boereoorlog in Kleur deur Tinus le Roux in sy resensie op LitNet. In hierdie pragtige boek wat vanjaar by Jonathan Ball Uitgewers verskyn het, gee die outeur nuwe lewe – en kleur! – aan tonele en rolspelers uit die Anglo-Boereoorlog.

Lees die resensie:

Le Roux karteer die aanvang van die Anglo-Boereoorlog met ’n verbasende reeks foto’s (die hoe en waarom kan ’n baie lang opstel wees) – sommige bekend en ander nie, en met sy toegewyde inkleurwerk word omgewing en karakters rolspelers in die hier en nou.

Dis ’n merkwaardige ervaring om jou oë oor hierdie beelde te gooi. Hy onthul die menslike. Deur die presiesheid van die inkleurwerk, van die delikate skakering, die tonale lig en donker, sien ons detail raak wat elke figuur ’n persoonlikheid maak – ’n lewende wese in omstandighede en omgewings wat nie net historiese dekor is nie.

Loer, luister en lees ook:

Categories Afrikaans Non-fiction South Africa

Tags Boekresensie Book Reviews Die Anglo-Boereoorlog in Kleur Jonathan Ball Uitgewers Litnet Melvyn Minnaar Tinus le Roux


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments