C

[Video] Tinus le Roux oor Die Anglo-Boereoorlog in kleur: ‘Dit moet lyk asof dit met ’n kleurkamera geneem is’
 More about the book!

Tinus le Roux is ’n militêre geskiedenis-entoesiasies wat al sedert 2014 Anglo-Boereoorlogfoto’s inkleur. Hy was onlangs ’n gas op Die Groot Ontbyt waar hy met Jennifer Myburgh en Jenna-Leigh Bilong gesels het oor sy jongste boek, Die Anglo-Boereoorlog in kleur.

Wat begin het as ’n stokperdjie wat hy op sy Facebook-blad gedeel het, het vinnig in iets meer ontaard. ‘Die volgelinge het al hoe meer geword,’ vertel Tinus, ‘en hulle het my gevra om die foto’s in ’n boek te sit en mooi te dokumenteer.’

Tinus het die tegniek by ’n Britse kunstenaar genaamd Doug Banks geleer. ‘Die doelwit is om die kleur so te maak dat dit lyk asof dit met ’n kleurkamera geneem is,’ deel hy mee. ‘Die doel was ook om die geskiedenis van die Anglo-Boereoorlog in ’n baie verkorte manier deur te gee,’ voeg hy by.

‘Die belangrikheid om jou geskiedenis te bewaar en te koester en te laat leef is vir my na aan die hart,’ sluit hy af.

Kyk na die video:

Categories Afrikaans Non-fiction South Africa

Tags Afrikaans Die Anglo-Boereoorlog in Kleur Die Groot Ontbyt Interviews Jonathan Ball Uitgewers The Boer War in Colour Tinus le Roux Video


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments