Afrikaans

Die Groot Trek, geheime liefde, en drie vroue in ’n stryd om oorlewing – Diep spoor deur Jeanette Stals

Diep spoor deur Jeanette Stals is nou beskikbaar as e-boek. In die stormagtige jare voor en tydens die Groot Trek raak drie vroue se lewe vervleg in ’n stryd om voortbestaan.

Wen 1 van 3 kopieë van Waar onthou begin deur Connie Luyt – skryf in voor 31 Aug

Dis kompetisietyd! Drie gelukkige lesers kan elk ’n kans staan om Connie Luyt se roman Waar onthou begin te wen.

Graffiti-aanlynkuier: Moenie Henriëtte Linde-Loubser se gesprek oor haar gotiese roman, Plek van die poue, misloop nie! (25 Aug)

Graffiti Boeke en LAPA Uitgewers nooi jou uit na die aanlynbekendstelling van Plek van poue deur Henriëtte Linde-Loubser.

Die dooies praat nie deur Peet Venter – Thys Krige vind homself alweer voor die vraag: Hoe diep wil hy betrokke raak?

Die sesde titel in Peet Venter se Thys Krige-reeks is hier! Die dooies praat nie is nou as e-boek beskikbaar.

Nelly and Sam by Claudette Browne Storrar – a story of friendship and love between a boy and his creative and inspiring nanny

Now available from LAPA: Nelly and Sam by Claudette Browne Storrar and Christo Krüger, a story of innocence, love and care that connects us across backgrounds.

[Video] So maak mens ’n luisterboek: Kyk hoe lees die beroemde akteur Chris van Niekerk voor uit Bloedsteen deur Irna van Zyl

Akteur en stemkunstenaar Chris van Niekerk het Bloedsteen, Irna van Zyl se nuwe misdaadroman, opgeneem as luisterboek. Hier kan jy vir Chris in aksie sien.

’n Stokou kasteel, grillerige skilderye en vreemde pouvere in Henriëtte Linde-Loubser se gotiese roman, Plek van poue

Nou beskikbaar by LAPA Uitgewers: Plek van poue deur Henriëtte Linde-Loubser, ’n gotiese roman in die tradisie van Victoria Holt.

Lees ’n uittreksel uit Zola deur Johan Jack Smith, wenner van die gesogte 2020 Eugène Marais-prys vir ’n debuutroman

In die hardebaard-riller Zola probeer twee speurders ’n reeksmoordenaar vastrek wat in die strate van Johannesburg verwoesting saai, met jong meisies as sy teiken. Lees ’n uittreksel.

‘Hoe sal jy die Kaap beskryf? Sonskyn of storms?’ Lees ’n uittreksel uit In sonskyn en storms deur Frenette van Wyk

Skrywer Frenette van Wyk het onlangs ’n kort uittreksel uit haar nuwe e-boek, In sonskyn en storms, op haar Facebook-blad gedeel. Lees die uittreksel.

Hoop, heling en harmonie deur Malcolm de Roubaix daag lesers uit om nuut te dink oor siekte en genesing – veral tydens Covid-19

Siekte is ’n natuurlike verskynsel sonder betekenis, skryf Malcolm de Roubaix in sy nuutste boek, Hoop, heling en harmonie: Dink nuut oor siekte en genesing

Waar onthou begin deur Connie Luyt: Nuut in Augustus by Penguin Random House SA

Waar onthou begin deur Connie Luyt is nou beskikbaar by Penguin Random House SA!

Nuut by Wenkbrou: Roekeloos deur Christelle Woudberg, stomende e-rotika oor ’n MMA-vegter wat moet baklei vir liefde

Ses jaar gelede het Storm skielik uit Zara se lewe verdwyn, sonder rede of ’n verduideliking. Nou is hy terug en het een ding op die brein: Om vir Zara weer terug te wen en finaal syne te maak.

Vampiere – in Port Elizabeth? Kom gesels met Jan Vermeulen by die aanlynbekendstelling van Nagjagter (4 Aug)

LAPA Uitgewers en Graffiti Boeke nooi jou graag na die aanlynbekendstelling van Jan Vermeulen se jongste roman, Nagjagter. 

Graffiti-aanlynkuier: Moenie Deon Lamprecht se gesprek met Jo Prins oor sy boek Die Brug misloop nie! (13 Aug)

Jonathan Ball Uitgewers en Graffiti Boeke nooi jou uit na die virtuele bekendstelling van Die Brug: Na die hel toe en terug in Angola deur Deon Lamprecht.

Graffiti-aanlynkuier: Jana Marx gesels met Bouwer Bosch oor haar boek, Afspraak met moord (30 Julie)

Graffiti Boeke en LAPA Uitgewers nooi jou graag na ’n aanlynbekendstelling van Afspraak met moord deur Jana Marx.

[Luister] Anel Heydenrych gesels oor Die afloerder: ‘Om in ’n reeksmoordernaar se kop te probeer klim, is nie ’n maklike ding nie’

Anel Heydenrych se sielkundige riller, Die afloerder, vertel die verhaal van ’n menseslagter wat die plattelandse dorp Colesberg terroriseer. Anel het onlangs met Maroela Media oor haar roman gesels.

Louise Viljoen resenseer Mirre deur Chanette Paul: ‘Sy beeld haar karakters natuurlik en realisties uit’

‘Die menslike aspek vier hoogty in Paul se werk,’ skryf Louise Viljoen in haar resensie van Mirre deur Chanette Paul.

Wat sou ek doen? Esther Verhoef gesels oor domestic noir en haar sielkundige riller, Liewe Mamma

Die bekroonde Nederlandse skrywer Esther Verhoef het onlangs met Naomi Meyer gesels oor haar angswekkende sielkundige riller, Liewe Mamma. 

[Video] ‘Die geweld speel af in die huis waar alles bitter gevaarlik is’ – Deborah Steinmair gesels oor domestic noir

Heino du Plessis het onlangs met Deborah Steinmair gesels oor haar roman, As jy van moord droom. Hy skop die onderhoud af met die vraag: Wat is domestic noir? Kyk na die video.

Lees ’n uittreksel uit Negentien minute deur Jodi Picoult, vertaal deur Daniel Hugo (Plus: Kyk na die boeklokprent)

Jodi Picoult se roman Negentien minute het pas in Afrikaans by Jonathan Ball Uitgewers verskyn, vertaal deur Daniel Hugo, en fokus op skoolskietery. Lees hier ’n uittreksel en kyk na die lokprent.