C

Die dooies praat nie deur Peet Venter – Thys Krige vind homself alweer voor die vraag: Hoe diep wil hy betrokke raak?
 More about the book!

Tydens ’n swaar reënbui stop Thys Krige by ’n Mini Cooper wat in ’n sloot water vasgeval het. Nandia beweer dat sy wegjaag van drie mans en vra Thys om ’n belangrike dokument vir die ondersoekende joernalis Petro de Wet te stuur. Hy het seker nie meer as ’n uur met haar te doen gehad het nie. Toe gebeur dit: Geweld kom na hom toe.

Nou bevind Thys homself weer voor die vraag: Hoe diep wil hy betrokke raak? Die dokument vra die jeug om by die ‘final struggle’ aan te sluit en hulself só te bevry en te bemagtig. Daar word van opstand en gewapende mobilisasie gepraat, ’n tweede Marikana.

Hy kan seker onbetrokke bly wat die dokument betref, maar nie wat Nandia betref nie. Dit gaan oor verantwoordelikheid; hy moes haar beskerm het. By Petro wil hy weer veels te graag betrokke raak. Waar trek hy die lyn? Want Thys weet waarop dinge uitloop wanneer hy betrokke raak … Mense kry seer en gaan dood.

In die sesde titel in die Thys Krige-reeks is grondonteiening ’n belangrike tema.

Oor die outeur

Peet Venter se eerste roman, Die Alleenlopers, is in 1979 gepubliseer deur Nasionale Pers. Daarop volg ‘n verdere nege werke, meestal speurrillers, maar ook geskiedkundige verhale, asook ‘n aantal kortverhale in verskeie bundels, almal gepubliseer deur JP van der Walt / LAPA Uitgewers. ‘n Verskeidenheid kort- en vervolgverhale verskyn ook in Keur. Venter is aan ‘n raadgewende ingenieursfirma in Pretoria verbonde. Hy woon op sy plaas in die Dinokeng-bewaria.

Die dooies praat nie is beskikbaar as e-boek:

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Afrikaans Die dooies praat nie LAPA LAPA Uitgewers New books New releases Peet Venter Thys Krige-reeks


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments