C

Hoop, heling en harmonie deur Malcolm de Roubaix daag lesers uit om nuut te dink oor siekte en genesing – veral tydens Covid-19
 More about the book!

Siekte is ’n natuurlike verskynsel sonder betekenis – potensieel ernstig, ja, maar bloot deel van menswees. Teen hierdie agtergrond ondersoek Hoop, heling en harmonie hoe siekte en behandeling ons liggame, gees en menswees aantas. Die doel van geneeskunde is om ons lewens positief te beïnvloed – in die woorde van Hippokrates, om soms te genees, dikwels te behandel, altyd te troos – maar die positiewe is nie noodwendig onvoorwaardelik nie: ons kan té wetenskaplik wees, die persoon agter die siekte miskyk.

’n Terugblik na die verlede plaas die huidige in perspektief. Die boek analiseer onder andere die taal van siekte en geneeskunde, die rol van emosies, ideologie en politiek in siekte, hoe ons teen die risiko’s van behandeling en navorsing beskerm word, einde-van-die-lewe besluite … en bereik dan die hoogtepunt: Hoop, Heling en Harmonie. Sonder hoop is die toekoms duister, sonder heling is daar geen genesing nie, en sonder harmonie in die uiteenlopende aandrange van siekte kan daar geen vrede in die gemoed wees nie. Hierdie onderwerpe word dikwels in die media bespreek.

Covid-19 is vir almal ’n skrikwekkende nuwe ervaring wat beklemtoon hoe broos die mensdom is. Hoop, heling en harmonie is ’n tydige publikasie wat die besondere eise van die tyd vernuwend aanspreek. Die boek is uniek en sistematies, die teks en styl is toeganklik met heelwat toeligting; nogtans word die leser uitgedaag om opnuut oor siekte-ervaring na te dink.

Categories Afrikaans Non-fiction South Africa South African Current Affairs

Tags Afrikaans Covid-19 Dink nuut oor siekte en genesing Hoop heling en harmonie Malcolm de Roubaix New books New releases Penguin Random House SA


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments