C

Waar onthou begin deur Connie Luyt: Nuut in Augustus by Penguin Random House SA
 More about the book!

Toe Elfrieda ná ʼn lang koma uiteindelik haar oë oopmaak, is haar kop leeg. Angs pak haar toe sy in ’n Durbanse hospitaal besef sy kan níks van haar verlede onthou ná sy voor ’n motor ingehardloop het nie.

’n Terloopse opmerking deur Michael, die neuropsigiater wat na haar omsien, bring ’n flits herinnering: Voor haar sien sy ’n vaalgroen boekie oor die lewe van die ontdekkingsreisiger David Livingstone se vrou, Mary. Met behulp van Michael begin Elfrieda stadig die legkaartstukkies van haar geheue aanmekaar sit.

Maar die onthou bring seer: Soos die herlewing van die tragedie van haar pa se ongeluk tydens ’n vakansie by die see en haar ma se kille verwyt en woede daarna.

Elfie se pad na vergifnis en vrede verby die skok en ontsetting van onthou is lank.

Onderliggend aan haar verhaal loop nog ’n verbeeldingstog: Die grootliks onbekende storie van Mary Livingstone, wie se lewe skaars ’n fluistering in die geskiedenis was.

Oor die outeur

Connie Luyt is ’n skrywer, ’n vrou, ma, ouma, vriendin en ywerige leser. Sy woon al baie jare in ’n huis vol boeke en ’n tuin vol bome in Pretoria. Geskiedenis en mense is lewenslank haar groot belangstellings.

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Afrikaans Connie Luyt New books New releases Penguin Random House SA Waar onthou begin


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments