C

Nuut by Wenkbrou: Roekeloos deur Christelle Woudberg, stomende e-rotika oor ’n MMA-vegter wat moet baklei vir liefde
 More about the book!

Roekeloos deur Christelle Woudberg is die nuutste e-rotika in Wenkbrou se versameling.

Ses jaar gelede het Storm skielik uit Zara se lewe verdwyn, sonder rede of ’n verduideliking. Nou is hy terug en het een ding op die brein: Om vir Zara weer terug te wen en finaal syne te maak.

Zara is ’n onafhanklike, standvastige vrou. Behalwe as dit by Storm kom. Vandag is hy die MMA-wêreldkampioen met ’n donker verlede wat sy nie ken nie. Binne die hok is hy ongenaakbaar, sterk, vreesloos, en gevaarlik. Selfs roekeloos. Zara ontmoet ’n nuwe Storm, een wat sy onweerstaanbaar vind. Passie en liefde breek die mure tussen hulle af, en dit lyk tog of dié paartjie kan hoop op ’n gelukkige einde. Maar ’n duisternis hang oor hulle verhouding. Al wat vir Storm oorbly is om te veg vir hulle liefde … en Zara se lewe.

Roekeloos is nou beskikbaar as e-boek:

 

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Afrikaans Christelle Woudberg e-rotika ebooks LAPA LAPA Uitgewers New books New releases Roekeloos Wênkbrou


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments