C

’n Stokou kasteel, grillerige skilderye en vreemde pouvere in Henriëtte Linde-Loubser se gotiese roman, Plek van poue
 More about the book!

Stela word aangestel om ’n moeilike tiener tuis te onderrig. Maar Pavo (oftewel, die plek van poue) is nie ’n doodgewone plaas nie.

In die plek van ’n plaashuis vind Stela ’n stokou kasteel. Met ’n dwerg as butler, ’n preutse huishoudster wat aandring daarop om almal ‘Master’ en ‘Juffrou’ te noem, ’n Sjinese kok en ’n meester wat van bui verwissel soos die weer, kriewel haar ruggraat.

Boonop hang die kasteel vol skilderye van die vorige mistress wat selfmoord gepleeg het. Stela word toenemend geteister deur nagmerries en die gevoel dat sy dopgehou word. Sy word gewaarsku teen spoke en vermoed iemand krap in haar kamer waar sy gereeld pouvere kry. Loop haar verbeelding met haar weg, of moet sy ag slaan op waarskuwings oor Pavo en sy mense?

Plek van poue is ’n gotiese roman in die tradisie van Victoria Holt.

Oor die outeur

Henriëtte Linde-Loubser is ’n oud-bibliotekaris in die Fakulteit Opvoedkunde van die Universiteit Stellenbosch met ‘n PhD in Omgewingsopvoeding. Sy is die skrywer van verskeie kortverhale vir volwassenes en ook vir die jeug. Van haar werk is opgeneem in versamelbundels soos die Woordfeesbundel Bly (2016) en Boereoorlogstories 2 (2012), asook in talle voorgeskrewe werke vir skole. Sy is voorheen ook benoem as ’n finalis vir die Sanlamprys vir Jeuglektuur. Sy is ’n vryskutskrywer vir populêre tydskrifte soos Rooi Rose en van haar verse is in Nuwe Kinderverseboek (2009) en Vonk@Verse! (2011) gepubliseer. Henriëtte skryf gereeld resensies oor jeugboeke en tree soms as keurder op, soos onlangs by die toekenning van die 2019-MER-prys vir jeugliteratuur.

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Afrikaans Henriëtte Linde-Loubser LAPA LAPA Uitgewers New books New releases Plek van poue


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments