Afrikaans

Mon – 17th Oct 2022

Goeie nuus vir Kristel Loots-aanhangers – Die lang papawer is nou beskikbaar!

Is jy ook mal oor Kristel Loots se boeke? Haar jongste roman oor ‘anderste’ vroue, Die lang papawer, is nou beskikbaar!

[Video] Nou beskikbaar by LUCA – Profesie-Bybel Nuwe Testament! Plus, wen jou eie kopie voor 19 Oktober 2022

’n Eerste in Afrikaans! Die Profesie-Bybel Nuwe Testament is die volledige 2020-vertaling van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika se Nuwe Testament saam met 50 artikels oor profesie.

Fri – 14th Oct 2022

Wie was dokter James Barry nou eintlik? Vind uit in François Loots se jongste historiese roman, Die kapokdokter

Die kapokdokter deur François Loots, gebaseer op die lewe van hierdie aangrypende historiese figuur, wys hoe diep die spore van randfigure in die geskiedenis lê …

‘Julle! Ek het nog ’n storie!’ Aleit se glans en geure leef voort in kookboek … binnekort beskikbaar by LAPA Uitgewers

Kom reis en kook vir oulaas saam met Aleit Swanepoel in sy eerste en laaste kookboek, AleitApteit.

Thu – 13th Oct 2022

Nuut by LAPA vir onderwysers: Praat jy! Idees vir die skep van ’n skryfkultuur in die klas deur Thérèse Hulme

Praat jy! vertel die stories van Thérèse Hulme en die jongmense wat sy oor ’n tydperk van sewentien jaar aan die skryf gekry het in van die mees gemarginaliseerde gemeenskappe in die Wes-Kaap.

Kom luister na Antjie Krog se voorlesing uit Vetplant Fairies en Vetplantfeetjies in Johannesburg en Pretoria (19-22 Okt)

Penguin Random House SA nooi jou graag na die voorlesings van Vetplantfeetjies deur Antjie Krog! 

Wed – 5th Oct 2022

Die liefde blom behoorlik in vier nuwe Romanzas deur Madelie Human, Louise van der Merwe, Marile Cloete en Bets Smith!

Dis heerlike lente … en LAPA Uitgewers stel bekend vier lekkerlees-liefdesverhale!

Kom vier die elfde Tuin van Digters met Antjie Krog by die Breytenbach Sentrum in Wellington! (7-8 Okt)

Die bekroonde digter Antjie Krog vier op 23 Oktober 2022 haar 70ste verjaarsdag – en vanjaar word vele geleenthede by die tuin van digters aan haar opgedra …

Tue – 4th Oct 2022

Vind uit watter skrywers is die jaar by die US Woordfees 2022 in Stellenbosch – en koop nou jou kaartjies! (10-16 Okt)

Die Toyota US Woordfees vind vanjaar plaas vanaf 10 tot 16 Oktober 2022! Lesers kan uitsien na die volgende opwindende skrywers en geleenthede op die feesprogram …

Kom kuier saam met bekroonde skrywers by die Vrystaatfees! (2-8 Okt)

Die Vrystaatkunstefees vind vanjaar plaas vanaf 2 tot 8 Oktober 2022! Hier ‘n paar van die skrywers en geleenthede om na uit te sien …

Mon – 3rd Oct 2022

Jou storie verdien om vertel te word! Skryf in vir die 2023 LAPA-Jeugromankompetisie

Leef daar ’n storie in jou kop? Sit dan pen op papier en skryf in vir die 2023 LAPA-Jeugromankompetisie!

Fri – 30th Sep 2022

Wenner van die 2022 LAPA Jeugromankompetisie! Dit het alles begin by ’n hond deur Annelie Ferreira

Dit het alles begin by ’n hond deur Annelie Ferreira is nou beskikbaar by LAPA Uitgewers! So skryf jy ’n wenjeugroman …

Thu – 29th Sep 2022

Wat is lekker by LAPA? Wen groot pryse in drie lekkerleeskompetisies! (29 Sep – 9 Okt)

Wil jy wegstap met boekpryse ter waarde van tot R1,500? Skryf vandag nog in vir drie opwindende kompetisies by LAPA Uitgewers!

Wed – 28th Sep 2022

Kom drink ’n koppie koffie saam met Elsa Winckler by The Daily Coffee Cafe in Belville! (29 Sep)

LAPA Uitgewers en Bargain Books Willowbridge nooi jou hartlik uit na ’n soete ontmoeting met … Elsa Winckler!

Tue – 27th Sep 2022

ATKV-Woordveertjies 2022: Veels geluk aan al die wenners! (Plus: Video)

Die ATKV-Woordveertjies bekroon jaarliks uitsonderlike prestasie rondom die Afrikaanse woord en is verlede week toegeken aan die volgende LAPA-skrywers …

Mon – 26th Sep 2022

Dubbele wenslag vir Gerda Taljaard! Vier susters wen kykNET-Rapportprys vir Fiksie 2022 plus ATKV-Prosaprys 2022

Vier susters deur Gerda Taljaard is pas bekroon met die kykNET-Rapportprys vir Fiksie 2022! Die priemende roman het ook onlangs die ATKV-Prosaprys 2022 ontvang.

Geen verskonings nie: Kom vier Murasie deur Chanette Paul regoor Gauteng! (27-30 Sep)

LAPA Uitgewers nooi jou graag na die bekendstellings van Murasie deur Chanette Paul in Randburg en Pretoria!

Thu – 22nd Sep 2022

Nuut deur die bekroonde liedjieskrywer en sanger, Piet Smith: Rigtingwysers vir jou lewenspad

LUCA stel bekend Rigtingwysers vir jou lewenspad deur Piet Smith – ’n padkaart met wyshede vir daardie oomblikke wanneer jy rigting verloor.

Wed – 21st Sep 2022

Een man. Twee gesinne. ’n Groot besluit wat alles sal verander … Uit die donker deur Santie van der Merwe is nou beskikbaar!

Ian Strydom het twee gesinne: Madelein en driejarige Liam vir wie hy soveel tyd moontlik steel, en Henriette en sy ouer kinders wat hom al minder nodig het …

Potgooi: ’n Eerste in Suid-Afrika! Tinus le Roux vertel van die skattejag na foto’s vir sy boek, Die Anglo-Boereoorlog in kleur

Luister! Tinus le Roux vertel hoe hy afgekom het op Anglo-Boereoorlog-foto’s wat nog nooit in boekvorm verskyn het nie …