C

Wie was dokter James Barry nou eintlik? Vind uit in François Loots se jongste historiese roman, Die kapokdokter
 More about the book!

Hy staan met sy rug na sy opponent toe gedraai. Die pistool in sy hand is gelaai en gereed om afgevuur te word.

1816. Die Kaap de Goede Hoop. ’n Jong dokter, James Barry, stap aan wal as ’n militêre chirurg se assistent. Goewerneur lord Charles Somerset is ná ’n paar maande só beïndruk met die briljante Barry, dat hy hom as sy huisdokter aanstel.

Nie almal deel lord Somerset se entoesiasme nie. Somerset se aide-de-camp, kaptein Josias Cloete, wil weet waarvandaan Barry kom, en James se mediese kennis – hy praat dan selfs van ʼn keisersnee! – ontsenu menige plaaslike arts.

Maar selfs nie eens die talentvolste medici van die tyd sou kon weet watter geheim die enigmatiese James in hom dra nie.

François Loots se roman, gebaseer op die lewe van hierdie aangrypende historiese figuur, wys hoe diep die spore van randfigure in die geskiedenis lê.

Oor die outeur

François Loots het naby Prieska in die Noord-Kaap grootgeword. Hy studeer Engels, Duits en Sielkunde aan die Universiteit van Kaapstad en Unisa en werk in die onderwys, landelike ontwikkeling en in die gedrukte media.

Hy is die skrywer van vier romans. Rooi Jan Alleman het op die Universiteit van Johannesburg-prys vir skeppende skryfwerk se kortlys verskyn. Nadat hy in die buiteland woonagtig was, woon en werk hy tans in Kaapstad.

Foto © Jurgen Marx.

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Afrikaans Die kapokdokter Francois Loots New books New releases Penguin Random House SA


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments