C

Dubbele wenslag vir Gerda Taljaard! Vier susters wen kykNET-Rapportprys vir Fiksie 2022 plus ATKV-Prosaprys 2022
 More about the book!

Vier susters deur Gerda Taljaard is pas bekroon met die kykNET-Rapportprys vir Fiksie 2022! Die priemende roman het ook onlangs die ATKV-Prosaprys 2022 ontvang.

kykNET-Rapport-boekpryse

’n Roman wat nie net breed kyk nie, maar ook diep kyk …

Die kykNET-Rapport-boekpryse word jaarliks toegeken aan die beste Afrikaanse fiksie en niefiksie wat in vorige jaar verskyn het. Die prysgeld beloop vanjaar altesaam een miljoen rand en as wenner ontvang Gerda R300,000.

Die keurders het die volgende te sê gehad oor Vier susters:

‘Dit is ’n roman oor die geskiedenis van Suid-Afrika en Afrikanerskap wat ook kennis neem van ander geskiedenisse en vele verhale van swaarkry op meer as een kontinent. Die koms van die Italiaanse krygsgevangene dwing die susters byvoorbeeld om bewus te bly van ander traumas as net dié wat hulle persoonlik raak. Dit is ook geen wonder nie dat die titel gelees word as ’n toespeling op Tsjechof se Drie susters, want dit gaan hier op ’n baie universele manier oor die wanhoop en woede van vroue in oorlogstyd – álle oorloë. Natuurlik gaan dit ook om die oorlog tussen man en vrou, en die letsels wat dit laat. In hierdie opsig blink die roman uit as een wat nie net breed kyk nie, maar ook diep kyk.’

ATKV-Woordveertjies 2022

’n Teks wat insuig en die leser bybly, en wat die Afrikaanse letterkunde op die groot verhoog plaas

Die ATKV-Woordveertjies bekroon jaarliks uitsonderlike prestasie rondom die Afrikaanse woord. ‘Die ATKV-Prosaprys een van die oudste en mees gerespekteerde letterkundepryse in Afrikaans. Dit word reeds sedert 1984 toegeken aan die skrywer van die beste gewilde prosa wat in die voorafgaande jaar verskyn het,’ sê Sonél Brits, besturende direkteur: ATKV-MSW.

Die beoordelaars het die volgende te sê gehad oor die wenboek:

Vier susters is ’n gelykenis van die natuur se wraak as gevolg van die rowwe uitbuiting van grond, mens en dier. Die tema word reeds van meet af aan neergelê. Die karakter Sophie is die waarnemer en optekenaar van die vernielsug van die grond, fauna, flora en die vernietiging daarvan deur oorloë en mense wat mekaar verniel en eindelik almal verontmenslik word. Die teks is deurweef van ’n groen eko-gevoeligheid. Sterk karakters, met sterk beelding deur ’n vaardige skrywer en storieverteller. Dis ’n teks wat insuig en die leser bybly, en wat die Afrikaanse letterkunde op die groot verhoog plaas.’

Veels geluk, Gerda, met die dubbele wenslag!

Lees ’n uittreksel uit die wenroman:

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Afrikaans ATKV ATKV-Prosaprys ATKV-Woordveertjies 2022 Gerda Taljaard kykNET-Rapport-boekpryse 2022 Litnet News Penguin Random House SA Vier susters


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments