LAPA

’n Liefdesverhaal om die kwarantyntydperk op te kikker: Kanaän deur Sophia Kapp is nou by LAPA as e-boek beskikbaar

Hy is ’n eenvoudige Afrikanerboer uit die Vrystaat; sy is die gesofistikeerde dogter van ’n skatryk Engelse sakeman. Sal hulle ooit bymekaar uitkom? Vind uit in Sophia Kapp se jongste boek, Kanaän.

LAPA maak e-lees nog meer bekostigbaar met 30% af op alle e-boeke (17 – 30 April 2020)

LAPA het alle e-boeke op ons webruimte afgemerk met 30%. Dit beteken e-lees is nog meer bekostigbaar as ooit te vore. Die aanbod geld tot 30 April 2020.

Het jy ’n donker geheim? Bieg anoniem aan Wenkbrou tot einde April en jou storie word dalk opgeneem in Wenkbrou se biegboek

Het jy ’n geheim? ’n Sondige plesiertjie? ’n Donker fantasie? Tot einde April kan jy anoniem jou donkerste geheime aan Wenkbrou bieg. Die beste biegstories word opgeneem in Wenkbrou se biegboek.

Rus sag, Tant Koelsoem: LAPA neem afskeid van Koelsoem Kamalie (1948 – 2020)

Koelsoem Kamalie is op Saterdag 11 April 2020 oorlede op die ouderdom van 72. Dié tannie van Bonteheuwel het luisteraars van RSG aan haar lippe laat hang met die heerlike resepte wat sy gedeel het, haar humor en die reguit manier waarop sy kon praat.

Isolasie-inspirasie: Trooskos – 14 smullekker trooskosresepte wat jou en jou gesin van inperking sal laat vergeet (e-boek)

Hier is 14 smullekker trooskosresepte wat jou en jou gesin van Covid-19 en inperking sal laat vergeet. Ons voorouers het hierdie resepte gemaak in tye van oorlog, swaarkry en depressie om almal se gemoed te lig: jy kan ook.

Bly by die huis en word maer! Laai die e-boek Bant saam met Armand deur Armand Aucamp af en leer hoe om gesond te kook

Jy hoef nie vet te word in isolasie nie. Leer hoe om gesond te kook met 14 heerlike resepte in Armand Aucamp se jongste e-boek, Bant saam met Armand.

Nou kan jy die inperking omhekel met 14 Hekelpatrone vir 14 dae deur Nadia de Kock en Hilda Steyn (e-boek)

Nog nooit was daar ’n beter tyd vir hekel nie! Geniet dié 14 patrone, ’n keur uit ons terapeutiese boek Hekel en word heel, en vind weer sin en betekenis in die huislike en alledaagse.

’n Storieboek maak ’n reuse verskil: Christien Neser vertel hoekom kinders nou meer as ooit boeke nodig het

Help! My kind is anders is ’n praktiese gids met bruikbare wenke wat ouers toerus met die nodig kennis en riglyne om atipies kinders groot te maak. Ook beskikbaar as e-boek op LAPA se webwerf en Amazon.

‘Jy mag niks geniet nie, want jy het iets verskrikliks aangevang’: Lees ‘n uittreksel uit Liewe mamma deur Esther Verhoef

Liewe Mamma deur die Nederlandse skrywer Esther Verhoef is ’n angswekkende roman oor ’n vrou se skynbaar perfekte lewe wat kruis met dié van ’n jong gewoontemisdadiger. Lees die uittreksel.

[Luister] Waldimar Pelser: ‘Ek fokus op oneerlikheid, dubbele standaarde, en mense wat ons land skade aandoen’

Rapport redakteur en bekroonde joernalis en skrywer Waldimar Pelser was ‘n gas op Podlitiek op Maroela Media waar hy met Paul Maritz en Ernst van Zyl gesels het oor sy jongste boek, In gesprek met Waldimar: Sy 100 beste ontledings, inleidings en beledigings

Lees ’n uittreksel uit Afspraak met moord deur Jana Marx, die ware verhaal oor die binnewerking van die Krugersdorp-kultus

Lees ’n uittreksel uit Afspraak met moord deur Jana Marx, die ware gruverhaal van een van die opspraakwekkendste moordsake in die land.

Hier is 4 nuwe Romanza’s om jou alleentyd op te kikker – ook beskikbaar in e-boekformaat

Die nasionale inperking het aangebreek, maar jy hoef die alleen deur die volgende 21 dae te gaan nie. Is jy mal oor liefdesverhale? Dan is ons vier nuwe Romanza’s net die antwoord. Ook beskikbaar in e-boekformaat.

Wonder wat jy gaan doen vir die volgende 21 dae? Jou gunsteling LAPA titels is nou as e-boeke beskikbaar

Die nasionale inperking het aangebreek, en jy weet nie hoe jy deur 21 dae gaan kom nie … Ons het die antwoord! Jou gunsteling titels is nou as e-boeke beskikbaar.

Die bekroonde Nederlandse skrywer Esther Verhoef se angswekkende riller Liewe Mamma is nou in Afrikaans beskibaar!

Esther Verhoef se Nederlandse domestic noir Lieve Mama is nou in Afrikaans by LAPA beskikbaar as Liewe Mamma.

Ter wille van jou deur Magdaleen Walters: Kan Stoffel sy onskuld bewys en Juanita se liefde wen?

‘n Tronkvoël en ‘n houtfabriekeienaar se dogter … sal liefde op die ou end seëvier? Vind uit in Ter wille van jou deur Magdaleen Walters

Die dodelike geheime en obsessies van … Bloedfamilie deur Elsa Hamersma: Is die moordgeen in die familielede se DNS?

Een moord in die familie is erg genoeg, maar twee in een week raak bisar: Vind uit wie is die moordenaar in Bloedfamilie deur Elsa Hamersma, nuut by LAPA.

As jy van moord droom deur Deborah Steinmair: Wat gebeur as ’n kind wat ontvoer is 20 jaar later terugkom?

Deborah Steinmair se jongste verhoudingsriller As jy van moord droom het pas op LAPA se rakke verskyn, en vind oorsprong in die storie van Gert van Rooyen en Joey Haarhoff.

10 vrae aan Rosita Oberholster: ‘Skryf ’n boek! Ek het eers op 40 begin skryf en weet nie hoekom nie’

LAPA het onlangs met Rosita Oberholster gesels om die skrywer beter te leer ken.

‘Mens moet altyd alles bevraagteken en jou verstand gebruik. Selfs in jou eie geloof’ – René van Zyl gesels oor Die Alfadokument

René van Zyl gesels oor haar samesweringsriller, Die Alfadokument, wat handel oor ʼn berugte internasionale geloofsorde in Kaapstad.