C

Ter wille van jou deur Magdaleen Walters: Kan Stoffel sy onskuld bewys en Juanita se liefde wen?
 More about the book!

Geboei aan die verlede?

Christoff de Lange is ’n lid van die polisie se taakmageenheid. Hy word valslik van dwelmhandel aangekla en kry drie jaar tronkstraf. Hy spandeer elke sent wat hy het op regshulp om sy onskuld te probeer bewys, maar as hy uiteindelik ’n kwytskelding kry, is hy steeds nie nader aan die waarheid as die dag waarop hy gearresteer is nie. Hy is sinies, bitter en werkloos.

Met die hulp van oom Bertie, ’n afgetrede sersant en sy vriend, vind hy ’n werk en ’n plek om te woon in Stoffel Myburgh se houtwerkfabriek op ’n kleinhoewe buite Johannesburg.

Juanita, Stoffel se dogter wat ook daar werk, is minder entoesiasties oor haar pa se besluit. Daar is absoluut geen plek in haar lewe vir ’n tronkvoël nie. Buitendien dra sy swaar aan haar eie bagasie.

Oor die outeur

Magdaleen Walters is in ’n kasarm van ’n plaashuis in die goeie ou Vrystaat naby Senekal op mieliepap en stories grootgemaak. Sy het haar studentejare – BA (Tale) – op die kampus van die destydse Universiteit van die Oranje-Vrystaat deurgebring en later deur Unisa verder studeer. Sy woon saam met haar man in ’n huis langs ’n rivier naby Bronkhorstspruit waar sy haar dae vul met stories, naaldwerk, kosmaak en haar tuin. Soms hou sy skool omdat sy van jongmense om haar hou.

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Afrikaans LAPA LAPA Uitgewers Liefdesroman Magdaleen Walters New books New releases Ter wille van jou


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments