C

As jy van moord droom deur Deborah Steinmair: Wat gebeur as ’n kind wat ontvoer is 20 jaar later terugkom?
 More about the book!

Daar is heelwat boeke oor kinders wat verdwyn, maar min oor ’n beskadigde kind wat terugkom.

Deborah Steinmair se jongste verhoudingsriller As jy van moord droom het pas op LAPA se rakke verskyn, en vind oorsprong in die storie van Gert van Rooyen en Joey Haarhoff.

Wat maak ’n ma as haar sesjarige kind ontvoer word en 20 jaar later weer verskyn?

Erin se dogter wat op ses verdwyn het, klop 20 jaar later aan haar deur. Maryna praat beter Chinees as Afrikaans, sy is grotesk, het ’n daggagewoonte en sê amper nooit enigiets nie.

Erin is nie ’n emosionele mens nie, haar greep op die werklikheid is glibberig en sy praat self moeilik oor haar gevoelens. Erin is obsessief oor die man wat haar verlaat het en die jeugvriend wat steeds na haar hunker. Hoe gemaak met die kuiken wat onder haar vlerk uit gesteel is, wat deur vreemdelinge hanteer is sodat sy haar reuk nie meer eien nie, wat grootgeword en tuisgekom het om te broei?

Wie lê op loer na haar kind?

As jy van moord droom, voel dit dikwels asof jy in ’n parallelle werklikheid gemoor het uit woede; jy word met ’n knaende skuldgevoel wakker en wonder waartoe jy regtig in staat is.

Erin het haarself beskou as iemand aan wie moederinstink ontbreek, maar toe haar kind verdwyn, het haar lewe alle betekenis verloor. Nou is Maryna terug. Hoe dring Erin tot hierdie woedende vreemdeling deur? En hoe hanteer Erin haar eie woede oor wat ander aan haar kind gedoen het?

Die storie van Gert van Rooyen en Joey Haarhoff was die sneller vir die roman. Daar is heelwat boeke oor kinders wat verdwyn, maar min oor ’n beskadigde kind wat terugkom.

As jy van moord droom is ’n boeiende analise van die dinamika tussen ma en dogter. Die groeiende verhouding tussen Erin en Maryna is ontroerend.

Oor die outeur

Deborah Steinmair is ’n webwewer sonder werf. Sy verhuis so gereeld dat sy op haar selfoon moet kyk vir die naaste Voda-toring om te onthou waar sy woon. Sy makeer nog steeds die pas en vele meer. Sy het die lewe geskenk aan twee dogters en ’n digbundel. Sy is vrygewig met haar verregaande opinies en teorieë. Sy het ‘n ding oor golwe, is ‘n kliptomaan (veral groot, ronde klippe met sproete), ’n kompulsiewe leser, en verslaaf aan rekenaar-Scrabble. Haar boek Marike se laaste dans was die wenner van die Jan Rabie Rapport-prys vir ’n debuutwerk 2011. Haar spanningsroman Poppekas het in 2012 verskyn.

Categories Africa Afrikaans Fiction South Africa

Tags Afrikaans As jy van moord droom Deborah Steinmair LAPA LAPA Uitgewers New books New releases


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments