C

Die bekroonde Nederlandse skrywer Esther Verhoef se angswekkende riller Liewe Mamma is nou in Afrikaans beskibaar!
 More about the book!

Een knal en haar geordende lewe is nooit weer dieselfde nie …

Helen geniet haar werk as opgeleide teatersuster. Sy woon in ’n pragtige huis. Haar man maak verskriklik baie geld. Die drie kinders doen goed vir hulself.

Op ’n Vrydagaand gaan sy altyd gimnasium toe, want haar lewe het ’n vaste ritme. Sy kom by die huis en betrap ’n inbreker. Uit selfverweer skiet sy hom dood.

Wat nou? Meld hulle dit by die polisie aan, sal haar man se ondernemings daaronder lei.

’n Entjie verder sit Ralf en wag vir sy vriend wat vinnig-vinnig geld gaan steel by ’n ryk sakeman. Hy hoor skote klap en besef uiteindelik dat hy sy vriend nooit weer sal sien nie. Na die polisie kan hy nie gaan nie, want dan stel hy homself bloot.

Dié boek ondersoek die nadraai van daardie noodlottige aand. Helen en Ralf spook albei met hulle eie demone en skuldgevoelens.

Liewe Mamma is ’n angswekkende roman oor ’n vrou se skynbaar perfekte lewe wat kruis met dié van ’n jong gewoontemisdadiger. Selfs in verre Nederland is die werklikheid nie altyd so rooskleurig soos die skyn nie.

Esther Verhoef is ’n megaster. Liewe Mamma is die eerste van haar boeke wat in Afrikaans vertaal word.

Ook beskikbaar in e-boekformaat:

Kobo
Amazon

Oor die outeur

Esther Verhoef is ’n baie gewilde Nederlandse skrywer en haar boeke is topverkopers. Haar sielkundige rillers en romans het al oor die 2,5 miljoen eksemplare in Nederland verkoop. Sy het al verskeie toekennings ontvang insluitend die NS Publieksprijs (NS Audience Award/Prix Public); die Hebban Crimezone Award; die Diamanten Kogel (Diamond Bullet); en vir Lieve Mama of Mother Dear, die gesogte Gouden Strop (Golden Noose) Toekenning vir die beste moordriller van die jaar. Sy is ook die skrywer van Close-Up en Rendezvous, beide beskikbaar in Engels.

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Afrikaans Domestic Noir Esther Verhoef LAPA LAPA Uitgewers Liewe Mamma Nederlands New books New releases Translation


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments