C

Wonder wat jy gaan doen vir die volgende 21 dae? Jou gunsteling LAPA titels is nou as e-boeke beskikbaar
 More about the book!

Nog voor President Cyril Ramaphosa die nasionale inperking voorgestel het, het Suid-Afrikaanse uitgewers landwyd al hul opkomende boekgeleenthede gekanselleer te midde van die nuwe koronavirus (Covid-19)-pandemie.

Maar skrywers moet aanhou skryf en lesers moet aanhou lees, so LAPA het vir jou hierdie Kwarantynleeslys 2020 saamgestel met al jou gunsteling titels nou as eboeke beskikbaar. Om uit te vind hoe om ‘n e-boek te koop en af te laai, besoek ons Hulp met e-boeke-bladsy.

Daar’s iets vir jonk en oud in ons e-boekbiblioteek, van ou gunstelinge tot nuwe leesstof. Hier is 12 boeke wat onlangs by LAPA verskyn het wat jy kan aflaai in e-boekformaat.

Loer na die lys:

As jy van moord droom

deur Deborah Steinmair

Wat maak ’n ma as haar sesjarige kind ontvoer word en 20 jaar later weer verskyn?

Erin se dogter wat op ses verdwyn het, klop 20 jaar later aan haar deur. Maryna praat beter Chinees as Afrikaans, sy is grotesk, het ’n daggagewoonte en sê amper nooit enigiets nie.

Erin is nie ’n emosionele mens nie, haar greep op die werklikheid is glibberig en sy praat self moeilik oor haar gevoelens. Erin is obsessief oor die man wat haar verlaat het en die jeugvriend wat steeds na haar hunker. Hoe gemaak met die kuiken wat onder haar vlerk uit gesteel is, wat deur vreemdelinge hanteer is sodat sy haar reuk nie meer eien nie, wat grootgeword en tuisgekom het om te broei?

Wie lê op loer na haar kind?

As jy van moord droom, voel dit dikwels asof jy in ’n parallelle werklikheid gemoor het uit woede; jy word met ’n knaende skuldgevoel wakker en wonder waartoe jy regtig in staat is.

Erin het haarself beskou as iemand aan wie moederinstink ontbreek, maar toe haar kind verdwyn, het haar lewe alle betekenis verloor. Nou is Maryna terug. Hoe dring Erin tot hierdie woedende vreemdeling deur? En hoe hanteer Erin haar eie woede oor wat ander aan haar kind gedoen het?

Die storie van Gert van Rooyen en Joey Haarhoff was die sneller vir die roman. Daar is heelwat boeke oor kinders wat verdwyn, maar min oor ’n beskadigde kind wat terugkom.

As jy van moord droom is ’n boeiende analise van die dinamika tussen ma en dogter. Die groeiende verhouding tussen Erin en Maryna is ontroerend.

Kobo
Amazon
LAPA Uitgewers eReaderAPP

***

Liewe mammaLiewe Mamma: ‘n Riller

deur Esther Verhoef

Helen geniet haar werk as opgeleide teatersuster. Sy woon in ’n pragtige huis. Haar man maak verskriklik baie geld. Die drie kinders doen goed vir hulself.

Op ’n Vrydagaand gaan sy altyd gimnasium toe, want haar lewe het ’n vaste ritme. Sy kom by die huis en betrap ’n inbreker. Uit selfverweer skiet sy hom dood.

Wat nou? Meld hulle dit by die polisie aan, sal haar man se ondernemings daaronder lei.

’n Entjie verder sit Ralf en wag vir sy vriend wat vinnig-vinnig geld gaan steel by ’n ryk sakeman. Hy hoor skote klap en besef uiteindelik dat hy sy vriend nooit weer sal sien nie. Na die polisie kan hy nie gaan nie, want dan stel hy homself bloot.

Dié boek ondersoek die nadraai van daardie noodlottige aand. Helen en Ralf spook albei met hulle eie demone en skuldgevoelens.

Liewe Mamma is ’n angswekkende roman oor ’n vrou se skynbaar perfekte lewe wat kruis met dié van ’n jong gewoontemisdadiger. Selfs in verre Nederland is die werklikheid nie altyd so rooskleurig soos die skyn nie.

Esther Verhoef is ’n megaster. Liewe Mamma is die eerste van haar boeke wat in Afrikaans vertaal word.

Kobo
Amazon
LAPA Uitgewers eReaderAPP

***

BloedfamilieBloedfamilie

deur Elsa Hamersma 

Een moord in die familie is erg genoeg, maar twee in een week raak bisar.

Soos Kain en Abel het Bart en Jakes Brink nie liefde vir mekaar nie. Bart is talentvol, aantreklik, sportief en populêr, maar ook inherent sleg en ‘n opperste skelm met geen genade vir sy medemens nie. Jakes is onaantreklik, vol skete en kwale en sonder uitstaande talente, behalwe dat hy ‘n finansiële sukses van sy lewe gemaak het.

Jakes is nie verbaas wanneer Bart een aand brutaal vermoor word nie, want hy het baie vyande gehad. Tog is die familie geskok om te hoor dat die speurders vermoed die moordenaar is een van hulle.

Die tweede moord enkele dae later skep selfs meer vrae.

Is die moordgeen in die familielede se DNS? Of lê die motief vir die moorde in ‘n familiegeheim? Die moorde is oënskynlik impulsief en sonder voorbedagte rade gepleeg. Die speurders sit met min leidrade. Hoe vind hulle die moordenaar tussen die drie sibbe en vier kleinkinders?

Kobo
Amazon

LAPA Uitgewers eReaderAPP

***

House of HorrorsHouse of Horrors

as told to Susan Cilliers

House of Horrors is the shocking tale of a father who has taken everything from his family in the cruellest possible way, yet it also is a story of hope about a brave young girl who eventually finds happiness and healing.

Since its release in 2019, the Afrikaans version of this book has already made the Nielsens bestsellers non-fiction list 22 times and is still going strong.

‘I kneel on the foot piece next to the bed and lower my head. A piercing, burning pain engulfs my entire face. Dad has kicked me. Blood is gushing from my nose. Then I feel cold water being poured all over my body. Electrical wires shock me, I can’t see through the blood. God, help me.’ (Landi’s own words, translated from Afrikaans.)

Landi is the eldest of five children who were rescued from the so-called Springs House of Horror.

She is 21 years old now and tells her astonishing story for the very first time.

In May 2014, police raided the house where a sadistic father had imprisoned, abused and tortured his wife and five children in a rat-infested den of sleaze.

In chilling detail, Landi recalls how their father assaulted them with an electric prod, shot at them with a gas pistol and burned them with a blowtorch; how he researched torture methods and nearly drowned them in a bathtub.

Landi relates her memories to Susan Cilliers, an experienced journalist, who documents it with compassion.

Cilliers skilfully combines the facts that have emanated from the police investigation and court case with Landi’s very personal story.

Huis van gruwels is die skokverhaal van die sogenaamde Springs-monster wat op die wreedste manier denkbaar alles van sy gesin weggeneem het, maar ook ’n storie van hoop oor hoe ’n dapper jong vrou uiteindelik geluk en genesing vind. Landi is die oudste van vyf kinders wat uit die sogenaamde Springs-gruwelhuis gered is. Sy is nou 21 jaar oud en vertel vir die eerste keer haar verstommende verhaal. In Mei 2014 het die polisie dié huis ontdek waar ’n sadistiese pa sy vrou en vyf kinders vir jare tussen vullis en rotte aangehou, getreiter en gemartel het. In ysingwekkende besonderhede onthou Landi hoe hul pa hulle aangerand, met ’n skokstok geskok, met ’n gaspistool geskiet en met ’n blaasvlam gebrand het, hoe hy martelmetodes nagevors en hulle byna in ’n bad verdrink het. Sy vertel hierdie herinneringe aan Susan Cilliers, ’n ervare joernalis, wat dit met deernis weergee en dit vernuftig met die feite van die polisie-ondersoek en die hofsaak verweef.

Kobo
Amazon

LAPA Uitgewers eReaderAPP

Huis van gruwels Huis van gruwels 

soos vertel aan Susan Cilliers

Huis van gruwels is die skokverhaal van die sogenaamde Springs-monster wat op die wreedste manier denkbaar alles van sy gesin weggeneem het, maar ook ’n storie van hoop oor hoe ’n dapper jong vrou uiteindelik geluk en genesing vind. Landi is die oudste van vyf kinders wat uit die sogenaamde Springs-gruwelhuis gered is. Sy is nou 21 jaar oud en vertel vir die eerste keer haar verstommende verhaal.

In Mei 2014 het die polisie dié huis ontdek waar ’n sadistiese pa sy vrou en vyf kinders vir jare tussen vullis en rotte aangehou, getreiter en gemartel het. In ysingwekkende besonderhede onthou Landi hoe hul pa hulle aangerand, met ’n skokstok geskok, met ’n gaspistool geskiet en met ’n blaasvlam gebrand het, hoe hy martelmetodes nagevors en hulle byna in ’n bad verdrink het. Sy vertel hierdie herinneringe aan Susan Cilliers, ’n ervare joernalis, wat dit met deernis weergee en dit vernuftig met die feite van die polisie-ondersoek en die hofsaak verweef.

Kobo
Amazon

LAPA Uitgewers eReaderAPP

***

In gesprek met WaldimarIn gesprek met Waldimar

deur Waldimar Pelser

’n Skerpsinnige redakteur se priemende blikke op Suid-Afrika in ’n tyd van ongekende beroering’ – Tim du Plessis

Waldimar Pelser se politieke kruisverhoor

Hy noem Julius Malema ’n ‘rassis, diktator en fascis’, die ANC ’n ‘spul kripvreters’ en oudpresident Jacob Zuma ’n ‘korrupte, seksistiese politieke tsotsi’.

Waldimar Pelser ontsien niks en niemand nie. Week ná week neem hy politici en besluitnemers onder kruisverhoor. In sy vreeslose en vlymskerp inleidings tot kykNET Verslag se aktuele TV-program In Gesprek laat hy maghebbers behoorlik deurloop – ook president Cyril Ramaphosa en DA-leier Mmusi Maimane het al hul beurt gekry.

In gesprek met Waldimar is ’n versameling van die 100 beste, lekkerste en dapperste van hierdie inleidings. In forensiese detail pak Pelser elke gek en skurk wat wil keer dat ons land floreer. Hy wys hoe naby ons aan die afgrond was en hoe ons wéér daar kan beland as ons nie dié in beheer tot verantwoording roep nie.

Amazon
LAPA Uitgewers eReaderAPP

***

The Bosasa BillionsThe Bosasa Billions: How the ANC sold its soul

by James-Brent Styan and Paul Vecchiatto

‘A timely, thorough account of the Bosasa saga. The chronicle of the transition from freedom fighters to unscrupulous state captors is astonishing.’ – Pieter-Louis Myburgh, author of Gangster State

With South Africans still reeling from the revelations of state capture, the next bombshell hit the country: Bosasa – grand-scale corruption that had cost taxpayers billions.

Whistleblower Angelo Agrizzi and Bosasa boss Gavin Watson soon became household names while gripping testimony before the Zondo commission held the public in thrall: little black books,
elaborate bribes and walk-in vaults.

When President Cyril Ramaphosa – the man tasked with reforming the country – became entangled in the web himself, it sparked a political firestorm that threatened to engulf his presidency.

In The Bosasa Billions, bestselling author James-Brent Styan and co-writer Paul Vecchiatto tell the story of how one company hijacked the state to establish an extensive tender network stretching right to the top of the ANC government.

Watson’s employees likened the workings of his company to that of a cult. Ultimately, however, Bosasa was not in the business of saving souls. It was selling them.

James-Brent Styan, a former financial and parliamentary journalist, is the best-selling author of Steinhoff: Inside SA’s Biggest Corporate Crash.

Paul Vecchiatto has more than 16 years’ experience as a parliamentary correspondent for several publications and wire services.

Kobo
Amazon

LAPA Uitgewers eReaderAPP

***

Afspraak met moordAfspraak met moord

deur Jana Marx

‘Daar was bloedspatsels oor die koffietafel, die banke en die banke se kussings. Peter en Joan was oortrek van steekwonde in hul rûe, nekke en agterkoppe. Nicholas het sy pa en ma gesigte na onder in ’n bloedbad op die mat in die sitkamer gekry. Hulle het hul hek en huis vir hul moordenaars oopgemaak, want hulle het ’n afspraak gehad.’

Elf wrede moorde oor ’n tydperk van vier jaar ruk die gemeenskap van Krugersdorp en haal landswyd nuusopskrifte. Eindelik word al hierdie moorde verbind met Cecilia Steyn en haar kultusgroep, Electus per Deus (uitverkies deur God). Lede van die groep aanbid die grond waarop Cecilia loop en sal selfs vir haar moord pleeg.

Die moordenaars is slim, gewone mense – ’n onderwyseres, ’n finansiële makelaar, ’n kind wat tussen die moorde deur steeds ses onderskeidings in matriek behaal en boonop keuring kry om medies te gaan studeer. Hul slagoffers het bloot ’n sakeafspraak nagekom, min wetend dat dít ’n afspraak met die dood was.

Wie is Cecilia Steyn? Hoe kan een mens vyf ander manipuleer om moord te pleeg en namens haar in die hof te lieg? Watter rol het Satanisme gespeel? Hoe ontduik onervare misdadigers die polisie vir so lank?

Jana Marx beantwoord dié en ander vrae wat gespruit het uit een van die opspraakwekkendste moordsake in die land se geskiedenis. Danksy onderhoude met diegene in die binnekring, hofgetuienis en polisiedossiere oor ’n tydperk van vier jaar, poog Marx om die publiek se vrae te beantwoord en ’n blik te gee op die binnewerkinge van só ’n kultus.

Amazon
LAPA Uitgewers eReaderAPP

***

Die Alfadokument

Die Alfadokument

deur René van Zyl

Geloof en mag sorg vir ’n dodelike kat-en-muis speletjie

Nadat die stigter van die Nikolaïete, ʼn berugte internasionale geloofsorde, sterf, erf sy twintigjarige dogter, Michaela (’n loskop sosiale vlinder), sy posisie én sy geld.

Die oorblywende direkteure van die Orde, waarvan die hoofkantoor in Kaapstad gesetel is, raak vinnig van Michaela en haar suster ontslae. Michaela word met weggesteekte dwelms betrap en lewenslank in ʼn Thaise tronk opgesluit. Haar jonger suster, Michelle, word na ’n klaarblyklike ineenstorting in ’n Italiaanse kliniek opgeneem.

Michaela sou die res van haar lewe in die tronk slyt, was dit nie vir die Bybelsmokkelaar en voormalige Britse soldaat, Josh Young, nie. Hy vermoed sy swanger vrou is deur die Orde vermoor en hy wil hulle ontmasker vir wie hulle werklik is. Slegs met Michaela se kennis oor die organisasie kan hy die hart van die Orde binnedring en die duistere geheime ontbloot. Hierdie geheime is saamgevat in die verlore Alfadokument, wat hulle nou moet opspoor.

Die Alfadokument beloof om een van 2019 se groot gunstelinge te wees. Die skrywer het ’n enorme gaping in die mark gevul met ’n samesweringsriller wat gemaklik aanklank by lesers van internasionale en plaaslike spanningsverhale sal vind. Sy verdien ’n groot pluimpie vir sterk en menslike protagoniste aan beide kante van die spektrum – goed en kwaad, manlike en vroulik.

Hierdie mevrou-dominee gaan wenkbroue lig met die manier waarop sy die Orde se misbruik van geloof probeer ontmasker.

Amazon
LAPA Uitgewers eReaderAPP

***

Corporation gamesCorporation games

by Anneleigh Jacobsen

What happens when the spirit world of South Africa clashes with corporate greed?

Why have the tokoloshes been sent to sniff out evil in Sandton?

How come the shades begin to move behind the automated sliding doors in the silent coolness of marble where money talks louder than people?

Georgie leads a highly skilled team of eager brand managers. They get the figures, understand the consumer and know when to give the weary buyers slack. Why then does the MD of Nielsen throw his toys?

More than 500 km away, in rural KwaZulu-Natal, Sindiwe, a smart, modern woman, learns more about the ancestral world than she has ever wished to.

‘She said we need to send the tokoloshes out, to find where this death is coming from. To find the person, the place, so that we can all know.’

Amazon
LAPA Uitgewers eReaderAPP

***

Soete sondeSoete sonde

saamgestel deur Lizz Meiring

’n Versameling woorde oor die verleidelikste ding op aarde: Sjokolade

Die mensdom se emosionele verhouding met sjokolade is legendaries. Van suikersoet tot bittersoet, van donker tot melk – dié lekkerny bied ons oor al die eeue heen troos, terapie, hedonisme en loutere plesier. Sjokolade was nog altyd ’n simbool van belofte, versugting, verlange en sensualiteit.

In Soete sonde ondersoek bekende skrywers en nuwe stemme die tekstuur van sjokolade in al sy heerlike vorme – van lewensredder tot moordwapen. Daar’s komedie, satire, sensasie, tragedie, die absurde en fantasie. Sommige stories daag jou uit, ander verskuif grense en baie laat jou tot in jou kiewe lekkerkry.

Indien enige een nog twyfel of dié stukkie sonde dalk ’n goeie geskenk sal maak, sou die lys van skrywers dalk net die nodige oortuiging bied: Clari Niemand, Miles Griffiths, Mafunyane Rossouw, Johann Smith, Ryno Eksteen, Cecilia du Toit, B Clarke, Brechje Visagie, Belinda Nel, Lizette Murray, MC Botha, Tilla Diederichs, Chrissie Naudé, Henque Heymans, Clarissa Benade, Gielie Hoffmann, Johann du Toit, Monja Beyers, Paula Pereira, Willem van der Walt, en Jak de Priester.

Kobo
Amazon

LAPA Uitgewers eReaderAPP

***

Ballade vir Nkunzi‘n Ballade vir Nkunzi

deur Ben Viljoen

‘Weet jy wat is die heel beste van flat rock bottom wees? As jy eers dáár is, kan alles en enigiets jou droom wees.’

Daar is min verhale in Afrikaans wat armoede uitbeeld soos ’n Ballade vir Nkunzi.

Bennie Welman se pa is ’n trokdrywer, hy suip elke Vrydagaand sy geld uit. By die huis wag Bennie, die ses ander kinders en sy ma op die geweld wat sál kom wanneer Bernard Welman uiteindelik die huis in strompel.

Nes die gesin dink dit kan nie erger nie, bewys die noodlot hulle verkeerd.

Dan, een aand wanneer daar reeds weke lank nie kos in die huis is nie, vra Drien, Bennie se ma, aan hom: ‘Weet jy wat is die heel beste van flat rock bottom wees?’

Drien staan uiteindelik op en skep ’n mate van sekuriteit vir haar kinders.

Ben haat sy pa en meet uiteindelik ook sy kragte op teen die ou bul. Die enigste ding wat die kloof tussen pa en seun soms oorbrug is hul liefde vir musiek.

Viljoen se karakters is mense wat lééf; die leser kan met iedereen identifiseer. Die skrywer maak nooit die fout om aan sentiment toe te gee nie. Musiek is die enigste vorm van verhewenheid in hierdie afskuwelike omstandighede; dit is ook die enigste genaakbaarheid wat Bennie in sy pa gewaar.

’n Ballade vir Nkunzi beweeg van die een bisarre situasie na die volgende in ’n kroniek van smart, verraad en ’n goeie skeut galgehumor. Uiteindelik word dit ’n verhaal van triomf van die menslike gees oor verwoestende lewensomstandighede.

Kobo
Amazon

LAPA Uitgewers eReaderAPP

 

 

Categories Afrikaans Fiction Non-fiction South Africa South African Current Affairs

Tags 'n Ballade vir Nkunzi Afrikaans Afspraak met moord Anneleigh Jacobsen As jy van moord droom Ben Viljoen Bloedfamilie Corporation Games Current Affairs Deborah Steinmair Die Alfadokument ebooks Elsa Hamersma Esther Verhoef House of horrors Huis van gruwels In gesprek met Waldimar James-Brent Styan Jana Marx LAPA LAPA Publishers LAPA Uitgewers Liewe Mamma: ‘n Riller Lizz Meiring National Shutdown Paul Vecchiatto René van Zyl Soete sonde saamgestel South African ebooks Susan Cilliers The Bosasa Billions: How the ANC sold its soul Waldimar Pelser


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments