C

Die dodelike geheime en obsessies van … Bloedfamilie deur Elsa Hamersma: Is die moordgeen in die familielede se DNS?
 More about the book!

Een moord in die familie is erg genoeg, maar twee in een week raak bisar.

Soos Kain en Abel het Bart en Jakes Brink nie liefde vir mekaar nie. Bart is talentvol, aantreklik, sportief en populêr, maar ook inherent sleg en ‘n opperste skelm met geen genade vir sy medemens nie. Jakes is onaantreklik, vol skete en kwale en sonder uitstaande talente, behalwe dat hy ‘n finansiële sukses van sy lewe gemaak het.

Jakes is nie verbaas wanneer Bart een aand brutaal vermoor word nie, want hy het baie vyande gehad. Tog is die familie geskok om te hoor dat die speurders vermoed die moordenaar is een van hulle.

Die tweede moord enkele dae later skep selfs meer vrae.

Is die moordgeen in die familielede se DNS? Of lê die motief vir die moorde in ‘n familiegeheim? Die moorde is oënskynlik impulsief en sonder voorbedagte rade gepleeg. Die speurders sit met min leidrade. Hoe vind hulle die moordenaar tussen die drie sibbe en vier kleinkinders?

Oor die outeur

Elsa Hamersma het haar skool- en universiteitsjare in Pretoria deurgebring. Daarna het sy en haar man twee en dertig jaar in Johannesburg geleef en gewerk. Die afgelope veertien jaar bly hulle in die Weskus in ’n privaat natuurreservaat. Hulle lewe is rustig en die wêreld wat sy in haar boeke skep, verskaf al die opwinding wat sy nodig het. Haar man, kinders en vyf kleinkinders is haar hart se punt.

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Bloedfamilie Elsa Hamersma Krimi LAPA LAPA Uitgewers New books New releases


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments